Hopefield word 85!

 

Hopefield word 85!

Posted by VLV in Hopefield Tak 13 May 2015

Sirkel:  Weskus
Tak:  Hopefield
Portefeulje:  Naaldwerk
Beriggewer:  Elna Slabber
Datum:  13 Mei 2015

 

DSC07540

 

Estelle du Plessis, sirkelvoorsitter,  was die gasspreker met die tak 85ste verjaardag.  Sy het die lede se oë oopgemaak met ‘n oorgrootte bril om meer positiewe dinge raak te sien, veral in die VLV.  Sy het met ‘n kroon op haar kop die lede weereens laat besef dat hulle koningskinders is.

 

DSC07514

 

Die tak het hulle 85ste verjaardag vervier met ‘n koek gebak deur Anna Wittstock en haar dogter Christelle. By hulle is Annatjie Coetzee die huidige voorsitter.

 

DSC07519

 
Elke portefeulje het ‘n prag uitstalling gehou met die tema Van-Toeka-tot-Nou. Hier sien die dames die Sarie Marais vanaf 1952 tot die nuutste een asook geraamde naaldwerkartikels.

 

DSC07523

 

Anna Maraia, Elsa Teubes, Rita van Zyl en Jessie Basson (nuwe lid) was teenwoordig vir die verjaardagpartytjie.

 

DSC07526

Anita Cloete (sekretaris), Estelle du Plessis (gasspreker en sirkelvoorsitter), Suzette Hougaard (oud-voorsitter) en Marina Maas (ywerige oud-lid) het saam gekuier.

Post a comment

one × two =