Honde manewales

 

Honde manewales

Posted by VLV in Paarl Aandtak 30 Oct 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 30 Okt. 2014

 

 

Lina Prinsloo, Amarie le Roux, Elzette Coetzer, sers.  Jerome Timmie & Ethan

 

 

Sers. Jerome Timmy het 2002 by die SAPD-lykshuis begin werk, maar spoedig begin klasloop by die kollege op Graaff-Reinet en toe in 2006 ‘n honde-hanteringskursus in Pretoria gedoen. Sedertdien is hy ‘n honde-geleider wat homself goed in talle aspekte van die dissipline geskool het en met sy hond, Ethan, die Wes-Kaapse titel van beste honde-geleider en sy hond dra.

 

 

Hy vertel van die verskillende tipes honde wat deur die polisie aangewend word: die patrolliehond wat aanvalswerk doen, die springstofhond wat o.a. bomme uitruik, die speurhond, reddingshond, dwelmhond, brandhond (wat vlambare vloeistowwe uitruik), die velle-en-huide hond wat in veediefstalsake gebruik word, die honde wat beskermde spesies soos perlemoen en renosterhorings opspoor, en dan ‘n nuutjie: die honde wat biologiese liggaamsvloeistowwe (semen en bloed) uitruik en in kinderbeskermingsake en sake rakende seksuele misdrywe gebruik word.

 

 

Hy vertel interessant oor ‘n hond se lewe in die hondeskool en staan bont om die entoesiastiese gehoor se vrae te beantwoord. Die hoogtepunt is toe Ethan sy verskyning maak en ‘n ieder en ‘n elk se hart steel met sy spelerige, vriendelike geaardheid.

 

 

VLV-roosblikkies

Post a comment

14 − thirteen =