Holistiese fisioterapie

 

Holistiese fisioterapie

Posted by VLV in Malmesbury Tak, News 14 May 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Mia Louw

Datum: 14 Mei 2014

Annalie Beukes, fisioterapeut, het vertel hoe sy haar toespits op holistiese fisioterapie.

 

Steffi Brink (links), Gesondheidsameroepster, bedank vir Annalie Beukes.

Enige siektetoestand wys ons op ‘n wanbalans in jou liggaam, konvensionele medisyne fokus dan op die verligting van simptome.

Die liggaam bestaan uit gees, siel en liggaam. Alles bestaan uit energie, opgebou uit atome, en die spoed waarteen atome beweeg bepaal of dit sigbaar is of nie. Ons liggaam het onsigbare kragte om siektes te beveg. Gesondheid is ingebou in ons.

Maar ons moet begin by die gees, die heilige gees se teenwoordigheid in ons. Dan ons denke: ons denke beïnvloed ons liggaam en jou denke kan jou fisiese gesondheid affekteer. Dink altyd positief, negatiwiteit veroorsaak blokkasies. “Ek is in beheer van my denke.” Raak rustig en dink aan ‘n oplossing vir die probleem.

Water is ontsettend belangrik. As jy ‘n ligte hoofpyn het, drink eers water voordat jy ‘n pynpil drink. Luister na wat jou liggaam vir jou sê.

Stres is veral ‘n toestand wat toenemend ons gesondheid beïnvloed. Omdat ons nie net blootgestel word aan kort termyn stres nie. Soos ‘n leeu wat jou jaag en jy moet skielik, sonder om te dink, in ‘n boom klim. All normale funksies stop soos spysvertering, voortplanting, redenasievermoë. Jou liggaam werk op instink en kry jy dit reg om met bonatuurlike kragte in ’n boom te klim wat onmoontlik gelyk het. Maar wanneer die leeu na 10 minute wegloop keer jou liggaam weer terug na sy normale funksionering.

Die stres van vandag se samelewing is egter van langdurige effek. Jou liggaam kry nie kans om na 10 minute weer terug te keer na die normaal nie.

Die werk wat ‘n holistiese fisioterapeut doen help dan ook jou liggaam om weer terug te keer na hierdie “normaliteit” d.m.v. asemhalings oefeninge, spierbehandeling ens. Dit help dus om jou liggaam net weer in ‘n posisie te sit waar hy homself kan genees.

‘n Holistiese fisioterapeut behandel die mens. Liefde genees!

 

Jeanette Slabber ontvang namens die ACVV die 76 sakke wat ons VLV-tak gestik het vir die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes se personeel. Hier pak Huibrè Retief, koördineerder van die projek, die sakke uit saam met Mia Louw, voorsitter van die tak.

Post a comment

9 − two =