Hofmeyr VLV nooi bejaardes

 

Hofmeyr VLV nooi bejaardes

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 04 Oct 2010

Hofmeyr VLV het met hul onlangse vergadering alle bejaardes vanuit die dorp en omgewing genooi om die middag saam met hulle deur te bring.  By die geleentheid het die bestuurslede elk die geleentheid gehad om ‘n spesiale program vir die gaste aan te bied. 

 

Verskeie voorlesinge is gedoen, grappe is vertel en as gaskunstenaar het Richard Barnard, matriekleerder aan Hoër Landbouskool Marlow, die dames vermaak met kitaarmusiek en sang. Susan Vermaak het ook vertel van haar oorsese reis na die Passiespele. Heerlike eetgoed is deur die gasvroue en bestuur voorberei en die tafels was feestelik getooi in pienk en lemmetjiegroen.

Heillie Marais (Uittredende Voorsitter) Annarien van der Merwe (Sekretaresse) en Susan Vermaak (Nuutverkose Voorsitter) van Hofmeyr tak tydens hul onlangse VLV vergadering.

Post a comment

three + 10 =