Hofmeyr VLV hou ‘n cool, plofbare vergadering

 

Hofmeyr VLV hou ‘n cool, plofbare vergadering

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 14 May 2019

Sirkel: Cradock

Tak:Hofmeyr

Portefeulje: Opvoeding  & Gesondheid

Beriggewer: Teresa Opperman

Datum: 13 Mei 2019

 

Hofmeyr  VLV se sameroepster van Opvoeding en Kultuur,  Marguerite Hattingh,  het die jeug ingespan om die vergadering op te vrolik.  Haar 9 jarige dogter, Amorey het geopen met gebed.  Amorey se stokperdjies is perdry, quadbike ry, fietsry en dans.  Sy neem graag aan jeugskoue deel met haar perd Boontjie en hul is onlangs gekies vir die OP Jeugskou span wat eersdaags aan die Nasionale Kampioenskappe te Vryburg gaan deelneem.  Afrikaans is haar gunsteling skoolvak.  Marguerite onderrig haar kinders tuis.

 

 

 

 

As gasspreker by hierdie vergadering, het sy haar seun Christiaan Jacobus voorgestel. Christiaan is 8 jaar oud en hy is die tweede oudste van 5 kinders.  Sy stokperdjies sluit in perdry, motorfietsry, fietsry, sowel as kuns.  Hy skou ook graag met sy  miniatuurperdjie Bekkie, en is gekies vir die Provinsiale OP Jeugskouspan wat Nasionaal gaan deelneem aan die Kampioenskappe te Vryburg in September.  Wetenskap is sy gunstelingvak. Hy noem dat Weteskap ‘n ‘Cool’ vak is.   Hy wil graag eendag ‘n boer word soos sy Pa en sy Oupas voor hom.  Hy is die 9de geslag Hattingh wat op die plaas Groenfontein sal boer.  Dit val in die Tarkastaddistrik en is hoog in die berge geleë.

 

Christiaan het aan die dames kom vertel watter chemise reaksie vind plaas wanneer koeksoda en asyn gemeng word,  en hy het dit ook prakties aan die dames gedemonstreer.  Die demonstrasie is buite op die gras gehou, en daar het groot opgewondenheid geheers toe die ‘bom’ ontplof.  Almal was beïndruk met sy taalgebruik, en hy het alle wetenskaplike terme korrek gebruik.

 

 

 

Christiaan Hattingh (8 jaar oud), gasspreker by Hofmeyr VLV, en sy sussie, Amorey Hattingh (9 jaar oud) wat die vergadering met skriflesing en gebed geopen het.

 

 

 

As gas van Nadia Bosch, het die dieetkundige van die Departement van Gesondheid,  Sandra , Mathebula die dames kom toespreek oor cholesterol.  Sy het agterna ook bladjies uitgedeel sodat die dames die praatjie weer op hul tyd kan gaan deurwerk tuis.  Sy waarsku teen versadigde vet en trans-vetsure.

 

 

 

 

 

 

 

 

Nadia Bosch (agter)  Sameroeper van Gesondheid, en haar gasspreker, Sandra Mathebula (dieetkundige vanaf die Departement van Gesondheid op Cradock)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Poog om meer poli-onversadigde vette te gebruik, want dit verlaag cholesterol asook mono-onversadigde vette.  Eet meer groente en minder vet vleis.  Doen gereelde oefeninge.  Verminder vet-inname of vermy vet.  Neem genoeg vesel in, drink genoeg water, en gebruik alkohol matig.

 

Onder wenke het Leefstylsameroepster Isabel Wilken vertel dat as dit al ooit met jou gebeur het dat jy ‘n snesie in jou sak vergeet het, en dit kleef aan al die kledingstukke vas soos wat jy die wasgoed weer uit die masjien pak,  moet jy dit terugsit en ‘n sykous insit en die weer deur ‘n spoelsiklus sit.  Die snesiefrommels sal aan die sykous vassit.

 

Indien jy sukkel om vars eiers af te dop, gooi ‘n teelepel koeksoda in die water waarin die eiers kook, en die doppe sal maklik afkom.

 

Gesondheidsameroepster Nadia Bosch moedig die dames aan om ‘n sterker, ryker room in die winter as gesigroom te gebruik.  In die winter droog ons velle makliker uit.

 

In die Landbougleuf waarsku sy dat rypkoue gevaarlik is vir Standaardrose se stamme.  Beskerm die stamme deur hessian of voersakplastiekstroke daar rondom te draai.

 

Opvoedings-sameroepster Marguerite Hattingh moedig alle Ouma’s aan om asseblief op Pinterest na die wetenskap-projekte te gaan kyk.  Dit sal hulle talle idees gee hoe om slim kleinkinders besig te hou.

 

Kunssameroeper, Anneke Wilken, moedig dames aan om nou hul klere te skuif, en die wintersgoed in te pak.  Klere wat vir ‘n jaar nie gedra is nie, gaan heel moontlik nie weer gedra word nie.   Almal kan nie hul hele klerekas elke jaar hernu nie, maak daarom dus die hangers mooi.  Dan bly dit lekker om te kyk hoe pragtig vrolik en fleurig jou klerekas daar uitsien.

 

Marguerite Hattingh stal pragtige juffrousakke uit wat sy verkoop.

 

 Log Cabin vatlappe is ingeskryf as kompetisie-artikels

 

 

Post a comment