Hofmeyr na Kongres

 

Hofmeyr na Kongres

Posted by VLV in Hofmeyr Tak 24 Aug 2015

Sirkel:   Cradock
Tak:   Hofmeyr
Portefeulje:    Kookkuns (Leefstyl)
Beriggewer:   Teresa Opperman
Datum:  24 Augustus 2015

 

VLV 276

Annarien en haar hulp Martiens druk besig met die salami.

 
Annarien van der Merwe het as saamroepster van Kookkuns tydens die laaste VLV vergadering ‘n demonstrasie gelewer oor die maak van salami.  Sy het haar hulp Martiens van die plaasslaghuis af saamgebring om haar te kom assisteer.

 

 

VLV 278

Sirkelpresident Rika Pienaar spreek die lede toe en bedank elkeen vir hul bydrae tot ‘n suksesvolle   kongres.

 

 
Estelle Kruger het die kongresverslag gelewer en  Dadda de Jager het die punte weergegee wat lede met kongres-artikels behaal het.

 

 

VLV 279

Dadda de Jager (Takvoorsitter)  vertoon die GWK produk wat as geskenk aan gaste by kongres oorhandig is.

 

 

Retha Smit is op die VLV Bestuur verkies as Tesourier van Hofmeyrtak,  terwyl die res van die Takbestuur onveranderd bly.

 

 

Hofmeyr is reeds besig met voorbereidings van hul Konferensiebeurt in Maart 2016 en die bestuur het reeds ‘n basisplan
op die tafel waarmee daar nou ernstig gewoeker sal word.

VLV 280

Dadda de Jager (Takvoorsitter) oorhandig die 3de plek Kunstrofee aan Teresa Opperman wat drie artikels onder die kunsportefeulje vir
Hofmeyrtak ingeskryf het tydens Kongres.

Post a comment

4 × 2 =