Hofmeyr het visie

 

Hofmeyr het visie

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 25 Jan 2015

Sirkel:  Cradock

Tak:  Hofmeyr

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer :  Teresa Opperman

Datum:  25 Januarie 2015

 

 

Marguerite Hattingh, Saamroepster van Openbare Sake, het tydens die openings vergadering van Hofmeyr VLV haar eie openingsrede gelewer rondom die VLV tema vir 2015, Vroue met Visie.

 

 

A people are what its women are. The woman is the conscience of her nation as well as the measure of its values. The moral life of a nation is controlled by the women and by the women can we measure the moral condition of the people. –Willem  Postma

 

 

n Vrou met visie……

Haar missie is om elke vrou van haar visie bewus te maak deur haar visie te deel.

“My kinders is nou nog n jaar groter.  Groot skool is nog n jaar nader.  Ons het besluit op tuisonderig.  Ek besef dit is goed om van tyd tot tyd elke aspek van jou lewe te oordink en te heroorweeg.  Ons raak almal soms so besig dat ons fokus en visie verloor en dan net van dag tot dag lewe omdat ons nie ‘n visie of rigting het waarna ons werk en streef nie.

Wat is ‘n visie en wat beteken dit vir my as vrou?

Het ek n visie?  Is my visie volhoubaar?  Is my visie behulpsaam en dra dit noemenswaardig by tot enigiets?

Nee is nie n antwoord wat ek op enige van hierdie vrae gaan beantwoord nie!

 

 

My visie……

Wat is vir my belangrik?

Ongetwyfeld my geloof en my familie, dit waarvoor ek bereid is om te sterf! Hierdie 2 moet dan wees waaroor my visie gaan wat ek moet volhou en deur my doen en late noemenswaardig moet bydra.

My passie is wat ek, as vrou, my visie moet maak.

Dit is wat ek myself en my gesin wil leer. My visie.  Vir my begin moraal by my geloof.

 

 

My geloof moet ek bestudeer –

Hosea 4:6   “My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy hierdie kennis verwerp het, sodat jy vir My die priesteramp nie sal dra nie sal bedien nie; omdat jy die wet van God vergeet het, sal ek jou kinders vergeet.”

 

Hoe meer kennis hoe meer mag en hoe meer behae by my Skepper.

 

Ek is sy bruid en n huwelik kan nie suksesvol wees as jy nie saam tyd spandeer nie.  Dit kan nie groei as jy na ander se opinies luister as eerder die waarheid self uit die woord/die mond van die Bruidegom te kry nie.   As jy nie leef vir jou huwelik,  as jy nie opoffer vir jou huwelik nie en as dit nie jou hele lewe oorneem nie , as dit nie al is waarvoor jy lewe nie moet dit nie eers aanpak nie, want koud is beter as lou.   Ek kan dit volhou, die Skrif leer ons hoe om te bid: – gee ons vandag ons daaglikse brood -Mat 6:11

 

Geen Vader sal sy kind n klip gee as hy brood vra nie.     -Mat 7:9

 

Deur my lig te laat skyn/ die woord van my Vader uit te straal dit is hoe ek n noemenswaardige bydrae kan lewer.

 

Julle is die lig van die wereld. ‘ n Stad wat bo-op n berg lê, kan nie weggesteek word nie-Mat 5:14

 

My familie is vir my so kosbaar.  So wat moet die rol wees wat ek in my familie sirkel speel?  Ek as dienaar, ek as vrou, ek as ma……my visie

 

 

Om onderdanig aan my man te wees en hom as hoof van ons huis te eer.  Dit is waar ek soveel seën ontvang van die Vader.  Wat n voorreg om my man se voete te was op n Vrydagaand met Sabbat.  Om ons kinders die waardes te leer van ‘n Godvresende, Afrikaanse volk sodat hulle nooit sal vergeet waar hulle vandaan kom en wie hulle is nie.

 

Om die behoud van ons volk, kultuur en taal aan hulle oor te lewer en te bevorder dit wat so van ons weggeneem word en deur ons eie nalatigheid verval.

 

Om hulle trots te maak op dit wat so eie aan ons is en ‘n Afrikaner en Boer se opregte waardes en sedes te leer. Die was tog eens hoog en opreg.

 

Toe n man nog Godvresend was.  Toe ‘n man se woord nog sy eer was. Toe ‘n man nog vir sy medemens gelewe het, toe bure mekaar nog geken het.  Toe kinders respek gehad het vir grootmense.  Toe mense nie altyd verskonings gehad het vir hulle aandeel in mislukkings en slegtigheid nie.  Toe Afrikaners nog trots was op wie en wat hulle was.

 

Ek wil my kinders leer van Rageltjie de Beer, Wolraad Woltemade en Japie Greyling.  Om my kinders te leer om ons Vader se hand in alles te sien selfs  in die slegte tye.”

 

Marguerite haal die verhaal uit die Anglo Boere-oorlog aan:

 

 

Twee vir ‘n stuiwer uit die oorlog.

 

Uit die smart van die Anglo-Boereoorlog het Suid-Afrika van sy mooiste erfenisse gekry – twee mossies op ons nederigste muntstuk.

 

Die gebruik dat dié voëltjies op die keersy van ons kleinste munt verskyn, gaan saam met ‘n stuk kultuurgeskiedenis tot ‘n einde kom weens die besluit dat die “lastige” 1c- en 2c-stukke nie meer gemunt gaan word nie.

 

Die mossies op ons nederigste muntstuk het sy oorsprong in die ABO gehad.  Die vroue in elke konsentrasiekamp het ‘n “oorlewingstema” uit die Bybel gehad.  Bethulie s’n was Matteüs 10: 29 en 31, wat in die nuwe vertaling lui: “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van die Vader nie.  Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as mossies.”

 

Die kampvroue het ‘n belofte gemaak dat, indien Suid-Afrika ooit ‘n oortjie, kwartpennie, stuiwer of sent uitreik, hulle sou probeer om die mossies as hul simbool van hoop en geloof daarop te laat uitbeeld.  Ná aanbreek van vrede op 31 Mei 1902,  het die kampvroue na hul plase teruggestap.

 

‘n Mev. Marais van die plaas Vlakfontein tussen pres. M.T. Steyn se plaas Onze Rust, suid van Bloemfontein, en Reddersburg het op die agterstoep van Onze Rust aangegaan waar sop en brood vir die terugkerendes gereed gestaan het.  Sy het mev. Tibbie Steyn gevra om dié Bybelversies op die land se nederigste muntstuk uit te beeld uit dank aan die Skepper dat hulle die oorlog oorleef het en om die mans wat geveg het, aan hul waarde te herinner.

 

Mev. Steyn het die saak opgeneem. Ná ‘n stryd van jare het in 1923 twee gewone mossies met die hulp van genl. Jan Smuts, destydse premier, op die keersy van die kwartpennie (stuiwer) verskyn om elke Suid-Afrikaner aan sy of haar waarde in die oë van die Skepper te herinner.  In dié ontwerp van Kruger Gray het die twee mossies vir mekaar gekyk.

 

Dit het Suid-Afrika, sover bekend, die enigste land ter wêreld gemaak wat ‘n Bybelvers op ‘n munt uitbeeld.

In 1961, ná desimalisering, het dieselfde ontwerp op die nuwe halfsent verskyn.  In 1965 het ‘n nuwe 1c verskyn waarop twee mossies, die een skuins bokant die ander, op ‘n takkie sit en van mekaar af wegkyk. Dié ontwerp van Tommy Sasseen is gegrond op ‘n skildery van Dick Findlay. Dieselfde ontwerp is ook gebruik op halfsente wat ná 1970 gemunt is.  Met die koms van ‘n nuwe muntreeks in 1991 het die mossies op die nuwe 1c weer vir mekaar gekyk. Dit was ‘n ontwerp van William Lumley wat op die oorspronklike 1923-ontwerp gegrond is.

 

 

Sy sluit af  met die volgende gedig van Elisabeth Eybers:

Die vrou

Somer en herfs en winter trek in wye
onafgebroke wisseling deur die land,
maar sy bly draer van die lente want
liefde het haar verhef bo die getye.

Haat en verwoesting plant hul lamfervlae
in honderd stede en oral sink die nag;
vir háár op wie ook bloed en worsteling wag
klink nog die lied van vrede en welbehae.

Die uitgeteerde ruiter neig sy sens
en aarselend voor die klaarheid van haar blik
erken selfs hy sy heerskappy se grens:

In haar wat die onsterflikheid bewaak
ontkiem die toekoms in die flou getik
van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.

Elisabeth Eybers

 

 

???????????????????????????????

 

 

 

Post a comment

fourteen + 9 =