Hier leer ons kinders lees

 

Hier leer ons kinders lees

Posted by VLV in Heidelberg Tak, News 20 Sep 2019

Sirkelnaam: SWD

Taknaam:     Heidelberg

Studierigting: Opvoeding

Berriggewer:  Driekie Uys

Datum van vergadering: 17 September 2019

 

Tina Cowley leessentrum:

Sarah Kock, oud onderwyseres kom lig die lede in in verband met wat gedoen word by die Tina Cowley leessentrum. Sy vertel entoesiasties hoe sy die kinders motiveer om hul beste te doen. Kinders woon een sessie per week by wat bestaan uit 40 minute alleen werk en lees by die rekenaar en nog 40 minute as groep waar hul deur speel verder leer.

 

Sy span haar onderwys agtergrond in om dit nog meer doeltreffend te maak. Omdat die klasse net uit maksimum 6 kinders bestaan, kan sy baie indiwiduele aandag aan kinders gee. Sy bied klasse aan vanaf voorskoolse kinders tot hoërskool kinders in Engels en Afrikaans, afhangende van die behoefte. Kinders wat sukkel om te lees, word gehelp en gestimuleer deur die program van Tina Cowley.

 

 

Leave a Reply