Het iemand dalk vir iemand ‘n POETS gebak??!!

 

Het iemand dalk vir iemand ‘n POETS gebak??!!

Posted by VLV in Graafwater Tak, News 06 Oct 2009

Elize Koortzen skryf uit Graafwater: Dié brokkie is nie juis ‘n rapport van voortreflikheid vir die VLV nie, maar dit het ons só laat lag – letterlik dat die trane loop – dat ons gedink het om die ligte oomblik ook met ander te deel.   

Dit is presies soos ‘n kompetisie inskrywing vir ‘n Donker Vrugtekoek in ‘n mikrogolfoond gebak, NIE moet lyk nie!   Die reaksie toe die koek gesny is (of ‘n poging aangewend is om dit te sny) om saam met die tee na afloop van die algemene vergadering te bedien, was een van totale ongeloof.   Niemand kon glo wat hulle oë sien nie!    Van buite het dit heel skaflik gelyk, maar daarbinne…   Daarna kon niemand ophou lag nie – die poetsbakster inkluis!    (Haar naam sal liewer verswyg word.)   Dat sy gesorg het vir die ligste oomblikke in ons VLV jaar, kan niemand betwyfel nie!

Post a comment

18 + thirteen =