Herstel en vernuwe

 

Herstel en vernuwe

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 20 Sep 2019

Sirkel; Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: A Beelders

Datum: 19 September 2019

 

Pat de Waal stel mevrou Annari Albertyn-Hayes aan die lede voor.  Sy  gesels oor plasma stamselstimulasie. Pat bedank vir Annari vir haar insiggewende praatjie en oorhandig ‘n geskenk.

 

Mevrou Aletta Nel vertel meer oor spinnekoppe. Spinnekoppe is vir ons almal grillerig, maar hulle moet op die aarde wees, want hul verorber baie kewers, vlieë, en ander klein goggas.  Die maklikste manier om tussen ‘n spinnekop en ‘n insek te onderskei is om die pote te tel.  Spinnekoppe het agt pote en insekte ses.  Die Brasiliaanse swerfspinnekop word as die wêreld se giftigste spinnekop beskou. Algemene huisspinnekoppe is die langbeenspinnekop, bobbejaanspinnekop en die reënspinnekop.  Die giftige spinnekoppe in SA is die knopiegatspinnekop, sy byt brand soos vuur, die vioolspinnekop is pynloos, die behandeling fokus op voorkoming van sekondêre infeksies weens die bakteriële besmetting en die byt van ‘n  sakspinnekop het ‘n inflammatoriese effek en veroorsaak verspreide infeksie. Keer so dat ‘n spinnekop jou byt:

*Skud altyd jou skoene en klere uit voor jy dit aantrek.
*Kyk eers jou beddegoed en handdoeke goed deur voor gebruik, veral op ‘n kampeerterrein.

*Dra handskoene wanneer jy vuurmaakhout en klippe hanteer.

*Moenie bokse en ander artikels onder jou bed bêre nie.

*Moenie hout buite teen die muur pak nie.

*Verwyder afval , houers en ander ongewenste artikels in en om die huis.

 

 

 

 

 

 

 

 

Pat de Waal en Annari Albertyn-Hayes

Leave a Reply