Hermanus se konferensiebelewenis

 

Hermanus se konferensiebelewenis

Posted by VLV in Hermanus Tak, News 12 Mar 2014

Sirkel: Overberg

Tak: Hermanus

Beriggewer: Diana Lambrechts

Fotograaf: Elna Botha

Datum: 11 Maart 2014  

 

Sirkel Overberg se 81ste konferensie is op Gansbaai in die kerksaal gehou. Dit was ‘n spoggeleentheid  en Gansbaai kan trots wees op wat hulle aangebied het. Hermanus was met 15 lede teenwoordig by die konferensie en dit was heerlik om deel te kon wees van die besonderse geleentheid.

Hermanus tak seede wat saam was na die konferensie op Gansbaai, vlnr: Ellen Hauman, Joan Van Deventer, Lodine Bronkhorst.

 

Die gebak en gebottel het behoorlik jou mond laat water.

Die stoelkussings was pragtig, om van die Fleur et Skoen nie te praat nie.

Groot was ons vreugde toe een van ons lede, Berta Koekemoer, se skoen nie net wen nie, maar ook die trofee wen vir die mees uitstaande item op die konferensie.

Handwerk was van hoogstaande gehalte en net so mooi die kunswerke.

Ons was baie in ons skik met ‘n eerste en tweede plek vir die Kuns beeldhou, engelfiguur.

Berta Koekemoer se skoen het nie net eerste plek behaal nie maar ook die trofee vir die mees uitstaande item op die konferensie gewen.

Lydia Geldenhuys trofee word aan Hermanus oorhandig.

 

Droomvrou, Sonvanger en Bring jou lewe na die Klein Karoo is gesing deur die Buchners en Matt Human het The Gambler, Pennies op die Spoor, Die Hemel Weet en Liefling gesing. VLVK-presidentmevrou Erika Lubbe, het ons toegespreek en daarna het ons geleentheid gehad om al ons vrae aan haar te stel. Die  boodskap “Verskuif jou Grense” is deur al die sprekers aangespreek en die mees algemene gevolgtrekking was vrouens is meningsvormers hulle het reeds ‘n verskil gemaak en kàn dit vorentoe nog steeds doen. Daar is afskeid geneem van die visesirkelpresident, Lorraine du Toit. Sy het die balkie vir die nuutverkose Elna Botha aangesteek.  Nou spog Hermanus met ‘n erepresident, sowel as ‘n visepresident op sirkelvlak.

 

Ons sê dankie aan Gansbaai en sien alreeds uit na die 2015 konferensie te Caledon.

 

Sirkel Overberg het ook afskeid geneem van die visesirkelpresident Lorraine du Toit van Bredasdorp en Elna Botha van Hermanus is in haar plek verkies.

Post a comment

9 + 14 =