Hercula maak harte bly

 

Hercula maak harte bly

Posted by VLV in Hercula Tak, News 23 Jun 2018

Sirkel: Middelland

Tak: Hercula

Studierigting: Gesondheid en Openbare Sake

Beriggewer: Petro Human

Datum: 15 en 22 Junie 2018

 

 

Besoek aan St. Francis Hospice:

 

Op Vrydag 15 Junie 2018 het twee van ons lede, nl. Lynne Vorster (Gesondheids Sameroeper) en Petro Human (Openbare Sake Sameroeper) die Hospice besoek. Tydens hierdie besoek is vier gebreide knie kombersies en ag paar pantoffels aan Mnr Trevor Wiblin, die Direkteur, oorhandig. Die kombersies is deur die taklede gebrei.

Die Hospice besoek tans meer as 200 terminale siek pasiënte in die Nelson Mandela Metropool.

 

Lynne Vorster( Saamroeper van Gesondheid), Petro Human (Saamroeper van Openbare Sake) en Trevor Wiblin (Direkteur van St Francis Hospice) met die kombersies en die pantoffels.

 

Lynne, Trevor en Petro

 

Lynne, Trevor en Petro.

 

Besoek aan Langbos Creche:

 

Op 6 Februarie 2018 het ons, tydens die Openbare Sake vergadering, besoek ontvang van Charlie Josephs (Bestuurder van die Mayibuye Ndlovo Development Trust). Hierdie Trust ondersteun die gemeenskap in die Langbos plakkerskamp buite Addo.

Tydens die praatjie het ons bewus geword van die nood by die Langbos Crechè. Die Intsikelelo Care Centre bestaan uit die Langbos Crechè en versorging van 9 AIDS wesies. Laasgenoemde woon in by die creche en word deur een van die ouer dames uit die gemeenskap versorg. Ons tak het besluit om vir hierdie 9 kinders elkeen ñ sweetpak te gee. Hulle het ook ‘n potloodsakkie, wat deur een van die lede gemaak is, met ‘n potlood en uitveër gekry. Die oorhandiging daarvan was op 22 Junie 2018.

 

Die kinders ontvang hul pakkies.

 

Die kinders uitgevat in hul nuwe sweetpakkies.

 

 

Post a comment

17 + 16 =