Help minderbevoorregte mammas

 

Help minderbevoorregte mammas

Posted by VLV in Durbanville Tak, News 31 Jul 2019

Sirkel Tygerberg

Tak Durbanville

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 30 Julie 2019

 

 

Mev Annaleen O’Donnovan van ‘n aftree-oord in Durbanville is ‘n pensionaris wat ywerig aan ‘n uitreikaksie deelneem. Sy was een keer by ‘n hospitaal hier in Durbanville en sien toe dat ‘n mamma ‘n pasgebore baba sonder klere, onder haar trui instoot toe sy die hospitaal verlaat.  Dit het haar baie hartseer gemaak, en dadelik het sy Tygerberg hospitaal gebel om te hoor of hulle hulp nodig het met mammas en babas wat die hospitaal verlaat. Natuurlik was die antwoord ja, en dadelik het sy aan die werk gespring en saam met ander dames samel hulle sakke met babaklere in, ongeveer 20 per maand, wat maandeliks afgelewer word vir babas en mammas wat in die informele plekke bly. Daarin is verskeie baba artikels o.a. twee kombersies, ”baby grows” doeke ens. Wanneer hierdie mammas die hospitaal verlaat is dit al klere wat die babas besit.

 

Die VLV-tak Durbanville, onder leiding van ons voorsitter, mev Ester de Bruyn, het hiervan te hore gekom en ons aangespoor om ook deel te neem aan hierdie projek.

 

 

 

 

 

 

 

Hier sit tannie Annaleen O’Donnovan met 20 babasakke, afkomstig van Durbanville Tak, wat sy dan by Tygerberg Hospitaal sal aflewer.

 

Post a comment