Hee ha!!!!

 

Hee ha!!!!

Posted by VLV in Acqua Tak, News 14 Feb 2013

Sirkel: Middelland
Tak: Acqua
Beriggewer: Natania Schmidt
Datum: 13 Februarie 2013

 

Hee ha! Die Kwa-Kwa kwela is uit die kuipe vir 2013.

 

Die manne wat by die PE Gholfklub se kroeg uitgestap het, het gereken hulle het in die Tuin van Eden beland, want dit was net Evas, Evas en nogmaals Evas. ‘n Hele 97 vroue vanuit al die Nelson Mandela Metro se uithoeke het gisteraand op die PEGC toegesak vir Acqua se eerste bymekaarkoms van die jaar.

 

Die weersiens was luid en geesdriftig. Daar’s gegroet, gelag en baie gesels. Die Kwa-Kwa’s was weer tuis tussen geesgenote – vroue wat dit ten doel het om deur hul VLV lidmaatskap ingeligte, verrykte en vervulde vroue te wees.

 

Die eerste bymekaarkom was, soos altyd, gulde geleentheid om ons vereniging, studierigtings en werksaamhede onder oë te neem. En of jy nou nuwe, voornemende of jarre-lange lid is, dis goed om ingelig te wees of selfs net herinner te word aan hoe sake in mekaar steek by die Vroue Landbouvereniging van Kaapland.

 

VLV-lidmaatskap is ‘n veer in ons hoede. Die Acqua lede wil in 2013 sorg dat elke VLV-veer geil gepluis regop staan vir almal om te sien! En die TWAALF nuwe vriendinne wat gisteraand hul name tot die 106 vriendinne reeds op die Acqua ledelys gevoeg het, is ook besig om die lendene te omgord vir ‘n besige jaar wat voorlê.

 

pegc

Kyk net hoe lowergroen is dit by die PEGC, Acqua se tuiste vir vergaderings.

acqua

Die tegnologie maak dit maklik om VLV sake aan almal voor te hou.

Post a comment

13 − seven =