“Heat Embossing”

 

“Heat Embossing”

Posted by VLV in Citrusdal Tak 18 Mar 2015

Sirkel:  Weskus
Tak:  Citrusdal
Portefeulje:  Kunste en Handvlyt
Beriggewer:  Jolien Mouton
Datum: 18 Maart 2015

 
citrusdal4 (Custom)

 
Die lede almal dra ‘n masker by hierdie maand se vergadering.  Johanna van Rooi open vir hulle.  Vir ‘n item vertel Jolien Mouton vir die lede van die afgelope Weskus Konferensie wat op Aurora plaasgevind het.

 

citrusdal (Custom)                                                  citrusdal1 (Custom)

 

Die spreker is Astrid Basson, ‘n lid van die tak. Sy demonstreer aan hulle “heat embossing”.  “Heat Embossing” is ‘n tegniek wat gebruik word om logo’s of karakters op papier uit te lig en wat ‘n dimensionele effek gee.  Eers word daar met babapoeier oor die papier gevee.  Die prentjie wat jy ge”heat emboss” wil hê, word gedruk met ‘n stempel wat in ‘n spesiale “heat emboss” ink gedruk word en dan word die prent met gekleurde poeier toegegooi.  Die poeier word weer afgegooi, dan het jy ‘n gekleurde prent.  Dan word die prentjie met ‘n “heating gun” warm gemaak tot die poeier gesmelt is.  Onthou om altyd die donkerste kleur eerste te gebruik.  Astrid wys ook aan die lede al die pragtige kaartjies wat sy al met hierdie tegniek gemaak het.

 

citrusdal3 (Custom)                                                 citrusdal2 (Custom)

 

Die lede sluit die middag af met ‘n heerlike koppie tee en lekker gesels!

Post a comment

15 + twelve =