Hartenbos ontwikkeling en trofees

 

Hartenbos ontwikkeling en trofees

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 26 Aug 2014

Sirkel:  Swd

Tak:  Voëlvlei

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Dania v/d Walt

Datum:  26 Augustus 2014

 

Die dames is tydens die onlagse Openbare Sake vergadering toegespreek deur mnr Dries Cilliers, Dorpsbeplanner van Mosselbaai.  Mnr Cilliers het die beoogde Hartenbos strandfront  ontwikkeling aan die dames verduidelik.  Hy het ons meegedeel dat die warmswembad oorgebou gaan word op dieselfde perseel.  Die bestaande inkopiesentrum gaan vernuwe word en die Walvissaal gaan ‘n gelyke vloer kry.  Mnr Cilliers het ook beklemtoon dat die dames hulle nie moet steur aan al die gerugte wat die rondte doen nie.

 

voelvlei

  Mnr Dries Cilliers en Mev Antoinette Murray (Openbare Sake Sameroeper)

 

Daar mag geen permanente strukture opgerig word  by die kampeerterrein by die punt in Mosselbaai nie.  Die Vincent familie het die grond aan die munisipaliteit geskenk en gestipuleer dat dit slegs vir kampeer doeleindes gebruik mag word.  Daar word beplan om ‘n interaktiewe  museum/ inligtingskompleks in die ou steengroef onderkant die grot op te rig.  Befondsing is egter daarvoor nodig en die belasting geld van Mosselbaai Munisipaliteit mag nie daarvoor aangewend word nie.

 

 

Mnr Cilliers het ook verduidelik dat die fondse vir die behuising vir agtergeblewenes van die sentrale regering afkomstig is en nie van die plaaslike munisipaliteit nie.  Mosselbaai se munisipaliteit het weer ‘n groen oudit gehad en die President het spesiale vermelding gemaak van die suksesvolle munisipaliteit in die parlement.

 

 

Na Mnr Cilliers die vergadering verlaat het, is daar feesgevier.

 

 

Die dames wat kongres toe was het die Kaapse Flopse se vertoning vir die lede gelewer (so genoem omdat die korrekte CD nie tydens die vertoning by die kongres beskikbaar was nie en die dames toe moes improviseer!)  en daarna is daar vonkelwyn gedrink en ‘n heildronk ingestel op die trofeë wat huis toe gekom het.

 

voelvlei 2

Mev Elize Locke VLV Voëlvlei Voorsitster

 

Elize Pienaar het ‘n eerste plek behaal vir haar handgebreide kussing met switserse deurstopwerk.  Sy behaal ook ‘n trofee vir die mees uitstaande artikel op Kongres.  Jolene Muller behaal ‘n tweede plek vir haar Scwalmwerk borduurstuk en Linzetta Smit behaal ‘n derde plek in dieselfde afdeling.  Nog drie ander inskrywings dra by tot ons tak se punte wat die gesogte trofee vir die meeste punte deur 1 tak in die leefstylafdeling aan ons te besorg.  Baie geluk dames, ons is voorwaar trots op julle.

 

voelvlei 3

Mev Linzetta Smith- 3de plek Schwalmwerk;  Mev  Elize Locke (Voorsitster) met die trofee vir die meeste punte deur ‘n tak in die Leefstyl Afdeling;  Mev Johlene Muller-  2de plek Schwalmwerk en Mev Elize Pienaar vir die gebreide kussing wat nie alleen die 1ste plek in die afdeling behaal het nie, maar ook die beste op Kongres.          

 

 

Post a comment

three × two =