Hantam besoek Sorgvliet Tehuis vir bejaardes

 

Hantam besoek Sorgvliet Tehuis vir bejaardes

Posted by VLV in Hantam Tak 17 Oct 2014

Sirkel:  Namakwaland

Tak: Hantam

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Janine Brynard

Datum:  17 Oktober 2014

 

 

 

Die Vroue Landbouvereniging van Kaapland is ‘n organisasie wat daarop ingestel is om haar lede te bemagtig, sodat hulle ‘n verskil aan hulself, hul hartsmense, maar ook hul gemeenskappe kan maak.  Talle uitreik-projekte word jaarliks geloods en oud en jonk se lewens word daardeur aangeraak.

 

 

hantam

Adolene Nel, Chrissie Thorne en Nelia Schutte besig met ‘n pragtige lofdans

 

 

Vanjaar het Hantam VLV besluit om die verswakte afdeling van Sorgvliet Tehuis vir Bejaardes op Calvinia aan te neem.  Skenkings van toilet-benodigdhede is regdeur die jaar gemaak.  Maar die jaar se projek is afgesluit met ‘n heerlike kuier-oggend in die Sorgvliet-saaltjie.   ‘n Besielende uitvoering van ‘n paar lofdanse, deur Adolene Nel, Chrissie Thorne en Nelia Schutte is gelewer.  Hierna het die Graad R-groepie van Laerskool Calvinia, onder leiding van hul juffrou, Liandré van Deventer, hul revue-dansie gedoen tot groot vermaak van almal teenwoordig.  Soveel energie en entoesiasme!  Die oggend is weer afgesluit met ‘n pragtige gedig voorgelees deur Chrissie Thorne – “Die wêreld is ons woning nie.”

 

 

hantam1

Die Graad R-leerders van Laerskool Calvinia

 

 

Elke inwoner van Sorgvliet kon ‘n geskenk-pak met koekies of beskuit saamneem nadat ‘n heerlike koppie tee en wortelkoekies genuttig is.  Hiermee wou die lede graag vir elkeen sê:  ons dink elke dag met liefde en waardering aan elke inwoner van Sorgvliet en salueer hierdie ouer generasie, by wie elkeen van ons soveel kan leer.

 

 

hantam2

 

Post a comment

18 − eight =