Handwerk Harte

 

Handwerk Harte

Posted by VLV in News, Niekerkshoop Tak 02 Sep 2010

Liezel Botha het nuus gestuur oor Niekerkshoop tak, wat  weereens ‘n handwerk dag gehad het. 

 

Al die lede wat kon,  het gery na DB en Lizmarie Lubbe se plaas ± 45 km uit Prieska.  Lizmarie het ons kom vertel van die handwerkies wat sy doen om hul huis ‘n  bietjie op die vrolik – sonder om ‘n hoop geld te spandeer.

 

Lede moes benodigdhede neem om ‘n hartjie te maak. Enige afval stukkie lap, grootoog naald, skêr, gare (dik/dun) ens. moes diegene bring wat het.

 

Elkeen het ‘n plekkie in die sonnetjie gekies en begin knip, werk en versier.  Die uiteinde was ‘n gesellige klompie vroue wat hul bes gedoen het om haar idee van ‘n hartjie voort te bring.

Post a comment

seven + 6 =