Handige Kombuiswenke

 

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Stellenberg

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Annelene  Olivier

Datum:  20  April  2015

 

vlv 058 (Custom)

 

Tydens die tak se Leefstyl-vergadering op 20 April het Elmine Möller 4 verskillende ekonomiese en vinnige geregte demonstreer.  Liz Joseph het die lede gewys hoe om ‘n koek oor te trek met ‘n versiersel wat sy self maak van malvalekkers en versiersuiker asook hoe om mooi versiersels vir die koek te maak en kleur.

 

vlv 049 (Custom) (2)

 

Elmine het rys in ‘n warmwaterfles gaargemaak wat veral ook ideaal is nou met al die “load shedding” wat die lede tref of selfs as hulle kampeer. Sy het ook ’n heerlike pampoentert en kool gebak demonstreer en stap-vir-stap gewys hoe om ‘n hoender te ontbeen en met ‘n maalvleis vulsel op te stop.