Hallo, veels geluk, dankie en totsiens

 

Hallo, veels geluk, dankie en totsiens

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 30 Oct 2019

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 29 Oktober 2019

 

 

Kleinbrak Tak het een heerlike geselligheid gebruik om hallo, veels geluk, dankie en totsiens te sê!

 

Die foto’s vertel die storie verder…

 

Ria, maak altyd vir almal by die tak verjaarsdagkaartjies. Hierdie keer was dit haar verjaarsdag en Hester kon haar ‘n welverdiende kaartjie gee!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Totsiens 2019 en hallo 2020: die tak groet vir Hester met liefde na al haar harde werk as voorsitter vir baie jare. Gelukkig kan ons steeds van Hester leer!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vlnr: Meisie, Gerda, Hannie en Cecilia het heerlik gesels (regtig, ten spyte van die agtergrond wat lyk asof dit ‘n ander boodskap wil gee!)

 

 

 

 

 

 

Tiebie van der Walt, vier saam met ons haar 35-jaar-lidmaadskap

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tannie Elma kry solank haar geskenkpakkie vooruit vir Desember

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hester ontvang die plant (wat sy lankal graag wou gehad het), van Cecilia om die tak se dank te betuig vir al haar leiding

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tannie Rina ontvang haar 30-jaar-lidmaatskap knopie.  Ander lede wat ook knopies ontvang het, was:  Leatitia Steyn = 5 jaar, Ria van Straaten = 20 jaar, Martie Wentzel = 25 jaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 Kleinbrak-taklede staan saam vir ‘n groepfoto

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Vinnige foto van Sus en haar gade, voordat hulle verdwyn…

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tydens die geleentheid is daar ook heerlike geskenkpakkies uitgedeel aan lede wat 100% bywoning gehad het:

Marie Kotze, Suzanne le Roux, Rosemarie Liebetrau, Aritha Matthews, Cecilia Pieterse, Lydie Terblanche, Ria van Straaten, Suzette O’Kelly

 

Ander lede wat ook 100% bywoning gehad, maar nie die geleentheid kon bywoon nie: Engela Buys, Dee Disney en Miens Willers

 

Leave a Reply