Griekse Kuier

 

Griekse Kuier

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 18 Jun 2014

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 17 Junie 2014

Chris Lotter was die spreker tydens Goodwood se Welwillendheidsoggend. Sy dogter in met ‘n Griek getroud en op die eiland Itaki woonagtig. Chris en sy vrou kuier en toer graag in Griekeland en kon sy kennis met ons deel.

Riaan van Eeden, 'n kunsonderwyser, het die saal 'n Griekse atmosfeer gegee

Riaan van Eeden, ‘n kunsonderwyser, het die saal ‘n Griekse atmosfeer gegee

 

Griekeland bestaan uit 530 eilande, waarvan slegs die helfte bewoon word.  Hierdie land het 15 jaar gelede by die EU aangesluit wat dan ook ‘n groot impak op die ekonomie gehad het.  Alle pryse het feitlik oornag verdubbel.  Sommige van die eilande is mooi groen en die plantegroei lyk baie soos die van die Wes-Kaap, met vele fynbosspesies.  Die boere woon op grond so groot soos ons kleinhoewes en dus word boerdery nie op groot skaal beoefen nie.

'n Groep uit ons omgewing. Melo 3, het die gaste met Griekse musiek meegevoer.  Met My Friend the Wind, White Rose of Athens en Zorba, kon ons, ons verbeel dat ons in Griekeland is.

‘n Groep uit ons omgewing. Melo 3, het die gaste met Griekse musiek meegevoer. Met My Friend the Wind, White Rose of Athens en Zorba, kon ons, ons verbeel dat ons in Griekeland is.

Die Atheners beskou hulself as die uitvinders van demokrasie – hulle het dit reeds 400vC gevestig.

Die Grieks-Ortodokse Kerk is ‘n staatskerk, en die predikers, die Papas, is dan ook in diens van die staat.  Hulle vier ook Kersfees, maar heg groter waarde aan Paasfees.  Die Saterdag voor die opstanding word ‘n groot gesinsmaal gehou – die ingewande van ‘n bok- of skaaplam word in ‘n bredie saamgekook.

Vanweë die heerlike somers is die eilande ook ‘n groot toeristebestemming, en glo dit as jy wil…die Grieke braai ook graag!

Mara Binnedel (sameroeper) bedank die spreker, Chris Lotter.

Mara Binnedel (sameroeper) bedank die spreker, Chris Lotter.

Johanna Steyn, een van ons beoordelaars, Caro Ekermans, Sirkelpresident en Wenda Preuss, ons voorsitter.

Johanna Steyn, een van ons beoordelaars, Caro Ekermans, Sirkelpresident en Wenda Preuss, ons voorsitter.

Post a comment

3 × 2 =