Granate in al hul glorie!

 

Granate in al hul glorie!

Posted by VLV in Malmesbury Tak, News 12 Jun 2014

Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Mia Louw
Datum: 11 Junie 2014

Antoinette Versfeldt van Darling Pomegranates het met haar uitgebreide reeks granaatprodukte vir ons kom vertel hoe sy en haar man hulle granaatbome moes invoer en leer ken en landboupraktyke self moes uitpluis omdat daar nie standaarde beskikbaar was vir hierdie nuwe granaatbedryf nie. Sy moes toe begin planne maak met die granate wat voor die res van die oes begin oopbars.

Na baie jare van les opsê en baie ondervinding self opdoen, het hulle die regte masjinerie aangekoop om sap te maak. Sy verkoop twee soorte sap, een sonder die granaatpitte se pulp. Sap word in sakkies verkoop wat gevries is om te verseker dat al die heilsaamheid van die granaat behoue bly. Sy maak ook nougatprodukte, sjokolade-gedoopte granaatpitte, die heerlikse Franse macaroons, doopsouse, reduksies, Turkish delight, gedroogte granaatskywe en nog vele meer produkte van granate.

Die granaat word al vir eeue beskou as ‘n super vrug en word gebruik as ‘n koninklike simbool. Daar is soveel voordele aan die granaat:
Dit inhibeer en vertraag die groei van kankerselle.
Die granaat het anti-bakteriële en anti-virale eienskappe.
Dit is voordelig vir die spysverteringstelsel en verlig voedsel allergieë.
Granate bevat drie keer meer antioksidante as rooi wyn of groen tee.
Dit vertraag die verouderingsproses van vel. Granate is ‘n goeie bron van vitamin C, A en E, en foliensuur.
Granate aktiveer die ensieme verantwoordelik vir die vorming van goeie HDL cholesterol, en dit vertraag die vorming van slegte LDL cholesterol in are.
Granate blok ook die ensieme wat bydra tot osteo-arthritis.

Granate is voorwaar ‘n koninklike vrug, en met Antoinette aan die voorgrond van die skep van ‘n mark vir hierdie vrug is dit moontlik vir elkeen van ons om hierdie produkte plaaslik te bekom.

Kontakbesonderhede:
Darling Pomegranates
Tel: 082 603 5151 / 082 603 0141
info@darlingpomegranates.co.za
http://darlingpomegranates.co.za/

Links is Mia Louw (voorsitter), middel is Antoinette Versveldt van Darling Pomegranates en regs is Lizette Lewis van Pick n Pay, sameroepster van die dag.

Links is Mia Louw (voorsitter), middel is Antoinette Versveldt van Darling Pomegranates en regs is Lizette Lewis van Pick n Pay, sameroepster van die dag.

Post a comment

17 − 13 =