Graafwater  VLV  word  85  jaar

 

Graafwater  VLV  word  85  jaar

Posted by VLV in Graafwater Tak 02 Jun 2015

Sirkel:  Weskus

Tak:  Graafwater

Beriggewer:  Rita van Lill

Datum:  2 Junie 2015

 

Op 2 Junie 2015 het Graafwater VLV tak ‘n vrolike 85ste bestaansjaar gevier. Die dames het bymekaar gekom in die kerksaal van Graafwater waar hulle begroet is met pragtig versierde tafels.

 

Daar is teruggekyk na die jare wat die VLV gestig is deur mev Mollie van Zyl op 24 Mei 1930. Humoristiese staaltjies is gedeel en die dames het dit baie geniet.

 

Verjaarsdag boodskappe is oorgedra deur Ds Dokkie Lintvelt van Graafwater NGK, mnre.  Johan Koortzen, Prinsipaal van Hoërskool Graafwater en George Maas namens die Boerevereniging Graafwater, Mev. Elsabe Carstens, Voorsitter van Leipoldtville VLV asook van Me Ann v Schalkwyk van Porterville VLV, Erika Lubbe vorige VLVK President en Karien van Schalkwyk huidige VLVK President.

 

 

VLV Graafwater word 85 024

 

 

Hester Maas, langste lid van die tak, stel ‘n heildronk in op die tak met ‘n paar staaltjies wat deur die jare gebeur het.  Al die lede sing: Laat Heer u seën op ons daal.

 

Dit was ook Landbou en Tuinbou sameroepster, Marcia de Jongh, se vergadering.     Sy het kortliks vertel van Dr Etienne Effenbergen wat ‘n studie gedoen het op Klipfontein naby Graafwater i.v.m. die Armadillo akkedisse.  Fotos is vir ‘n jaar lank geneem om die gedrag van die akkedisse waar te neem. Interessante feite i.v.m. die diertjies:  Hulle kom in kolonies voor; roofvoëls teer op die akkedisse; hulle leef in klipskeure vir jare al; lewe van insekte en beweeg stadig; in die Somer is hulle onaktief, uit vrees dat hulle gevang word; hulle vreet termiete in die droë tye en beskerm hulself deur eie stert vas te byt en bedek so die sagte deel van die lyf teen ‘n aanval.  ‘n Kort video is vertoon oor die akkedis .

 

 

VLV Graafwater word 85 033

 

 

‘n Pragtige verjaarsdagkoek, gebak deur Rinda Brand, is gesny deur Claudie Lintvelt, voorsitter van VLV Graafwater.  Almal het heerlike verversings, tee en koffie geniet.

 

 

VLV Graafwater word 85 030

Post a comment

four × 2 =