Graafwater leer Bonsai

 

Graafwater leer Bonsai

Posted by VLV in Graafwater Tak 15 Oct 2014

Sirkel:  Weskus
Tak: Graafwater
Portefeulje:  Landbou En Tuinbou
Beriggewer: Marna Lambrecht                                                                                                                                                                                                 Datum: 15 Oktober 2014

 

graafwater1

 

Tydens ‘n Landbou Vergadering van VLV Graafwater, lig Hendrik Visser die
vergadering in oor die kweek en groei van Bonsaibome.  Die Bonsaivereniging
Van Stellenbosch is deur hom en sy vrou Helen gestig en bestaan uit 40 tot
60 lede.

 

 

graafwater2

 

 
Die naam Bonsai beteken ‘Boom in ‘n pot’.  Dit kan enige grootte boom wees
solank dit hanteerbaar is.  Dit is ‘n lewende kuns waaraan jy lewenslank kan
verander aan vorm om karakter van boom uit te lig soos bv. om hooftakke so te
plaas dat dit stam meer sigbaar is, sekondêre takke en blare te plaas vir
balans en vloeiende vorm asook wortels te ontbloot om krag en stabiliteit te
beklemtoon.  Bonsai is vir ontspanning, ‘n versiering binne- en buitenshuis
en kan ook verhuur, verkoop en geskou word.

 
Blom- en vrugdraende bonsai soos bv. Bougainvilla, Azalea, Sirissa,
olyf, vuurdoring en baie ander kan groot plesier verskaf.  Spesiale potte vir
Bonsai is meestal van klei, geglasuurde vir blomme, vlak, reghoekig, ovaal en
rond.

 
‘n Grondmengsel van fyn gruis, kompos, leemgrond, beenmeel en superfosfaat,
in verhouding volgens spesie, word gebruik.  Grond moet  oormaat water
dreineer, maar moet maksimum vog behou vir maksimum tyd en moet
voedingstowwe absorbeer en vir maksimum tyd behou. Sekere bome hou van
vol son, ander semi-skadu en ander soos die Sirissa kan binnenshuis naby skerp
lig oorleef.  Gereelde voeding met nie- brandende stowwe soos bv chemicult,
seagrow ,bounce-back en vloeibare kunsmis is noodsaaklik. Gereelde snoei
moet plaasvind vir vorming en takke kan tydelik bedraad en in regte posisie
gebring word.  Oorplanting om wortel snoei te doen en grond te vernuwe moet
gereeld volgens elke spesie se behoefte gedoen word.  Bome moet gereeld water
kry want bakke is vlak en bevat dus min grond om vog te behou. Verskeie
tegnieke word beoefen om blare te verklein(vrugte en blomme verklein na baie
jare se aanpassing), mooier herfskleure te verkry, stamme vinniger te verdik
en takke aan hoofstam op spesifieke plek te vestig.

 
Peste en plae moet betyds beveg word.

Post a comment

12 + eighteen =