Graafwater kuier in Suid Korea

 

Graafwater kuier in Suid Korea

Posted by VLV in Graafwater Tak, News 27 Aug 2009

Tydens hul Internasionale aand het dié dames en hul gaste nie net heerlik gesmul aan effens ongewone disse, met ‘n anderse opdiening daarvan nie, maar ook groot pret gehad met die gespartel om met die stokkies geëet te kry.

Steffi Maree het sorgvuldig navorsing gedoen oor dié disse en resepte uitgedeel aan haar hulpkokke.

Johan Koortzen(jnr) het sy twee jaar ondervingding as Engelse onderwyser in Suid Korea met ons kom deel en ‘n briljante aanbieding gelewer oor dié land, sy mense en kultuur. In ‘n “Koortzen geskepte teater” is videos vertoon. Die vrae en pittige aanmerkings het bygedra tot ‘n baie gesellige atmosfeer.

Johan het ook interressante items uitgestal o.a die landsvlag, fotos en briefies van sy leerlinge.

Elize Koortzen, Voorsitter van VLV Graafwater het ook by hierdie geleentheid 10 en 20 jaar lidmaatskapsknopies aan van die lede oorhandig.

 

M Lambrechts

Elize Koortzen, Johan Koortzen(Jnr) en Steffi Maree

Post a comment

four × five =