Graaff-Reinet se laaste vergadering

 

Graaff-Reinet se laaste vergadering

Posted by VLV in Graaff-Reinet Tak, News 08 Oct 2012

Sirkel: Middelland

Tak: Graaff-Reinet

Beriggewer:  Ria Krause

Datum: 08/10/12

 

Op 8 Oktober 2012 vergader die VLV-dames vir die laaste keer vir die jaar. Na die skriflesing, notule en korrespondensie afgehandel is, het die ses saamroepers elkeen  ‘n beurt gehad om iets aan te bied.

 

Elize Theron vir Leefstyl, skop af met ‘n spaghettigereg, Karoo Gellos.  Dit is ‘n heerlike gereg wat gou-gou aanmekaar geslaan word en baie monde kan voed en glad nie duur is nie.

 

Daarna het Peggy Visser, saamroeper van Kuns & Handvlyt, gedemonstreer hoe om ‘n aantreklike blaargevormde oop broodjie te maak. Dit word uit donkerbruin brood met ‘n biltongkaassmeer gemaak. Die eindproduk – ‘n pragtige bord eetgoedjies!

 

Mimi Lategan vir Gesondheid het baie wenke vir die dames voorgelees. Dra geel – dit bring die sonskyn in jou uit en vrolik jou op! Naaldwerk, hekel- en breiwerk, so-ook borduurwerk is baie terapeuties en maak ‘n mens rustig en werk depressie teen. Kom aan die beweeg, oefen en gaan stap! Skrop en werkskaf gereeld in die grond. Dis heilsaam. Geniet jou handewerk en sit gereeld in jou tuin. Tel jou seëninge, elke dag!

 

Mariëtte Slabbert, Openbare Sake, lewer verslag oor dienslewering in ons dorp deur die Munisipaliteit van Camdeboo. Distrikspaaie, slaggate en onderhoud van paaie, kabel opgradering, behuising geniet aandag. Dienslewering op baie gebiede, soos verkeer, spoed, voertuie wat nie by stopstrate stop nie, mense wat onwettige advertensieborde op die sypaadjies plaas, wat voetgangers se loopvlak versper, onwettige motorwagte, padtekens en straatverf by stopstrate, onwettige besighede, vuil strate, watervermorsing deur lekkende pype ens. is daar en sal aandag moet kry.

 

Hanfi Neuhoff, in die tydgleuf van Opvoeding & Kultuur, leer die dames die uitsprake van dele van die Volkslied.  Dit word hartlik deur die dames gesing!

 

Marenda Lückhoff, Landbou & Tuinbou, sluit die dag af met ‘n Gebed van ‘n Boer.

Post a comment

thirteen + 10 =