Golfdag

 

Golfdag

Posted by VLV in News, Sedgefield Tak 06 Sep 2014

Sirkel: SWD

Tak:  Sedgefield

Beriggewer:  Elsje Gräbe

Datum:  6 September 2014

 

 

Een van die jonger bestuurslede stel voor dat ons ‘n gholfdag moet hou.  Die lede weet van skoue en kongresse,  maar gholf is heel vreemd.  Wel VLV vroue sien kans vir baie.  So word daar ‘n paar maande gelede begin met die reëlings onderleiding van Aniel Duvenage.  Een van die nuwe lede gee ‘n groot borg en die dames is oppad gholfdag toe.

 

 

sedgefield2

Inskrywings

 

 

Saterdag 6 September breek aan.  Die spelers word vroegoggend vriendelik ontvang en welkom geheet met ‘n beker koffie en toebroodjies.  Om 9:00 slaan 35 spelers af.  By putjie een word sjerrie bedien en elke speler besoek die putjie twee keer.

 

 

sedgefield3

Sjerrie by eerste putjie

 

 

Twaalf uur sak 35 dors en honger spelers die lede toe.  Lekker hambugers word aan hulle bedien.  Na ete word  16  pryse uitgedeel wat wissel van ‘n “Slow Cooker”,  haardroër tot ‘n boek van ‘n plaaslike skrywer en sambrele.

 

 

sedgefield

Sedgefield tak se eie golfspeler, Marie Joubert

 

 

Volgende jaar word daar weer so gemaak.

  • June Smit September 10, 2014 at 5:13 pm / Reply

    Fantasties, julle!!

Post a comment

eighteen + eighteen =