Goeie Huishouding

 

Goeie Huishouding

Posted by VLV in Brackenfell Tak, News 04 Aug 2017

 

Sirkel:   Tygerberg

Tak:   Brackenfell

Beriggewer:   Lettie Van Wyk

Portefeulje:   Leefstyl

Datum:  3 Augustus 2017

 

Bettie Döckel, Saamroeper van Leefstyl, tesame met haar gasvroue, Welma Brink en Marna Lambrechts, het vir die lede ‘n feesoggend aangebied.   Die gasspreker, Retha Rix, is geen onbekende by Brackenfell VLV nie.   Sy het ons weereens laat skaterlag met haar pittige staaltjies, baie ten koste van haarself.   Retha Rix is ‘n gesoute spreker en is deesdae ook televisie-persoonlikheid.   Sy was onlangs te sien op OPPIE STOEP  en ook binnekort op KOOK EN GENIET op KYKNET asook op EK HET ‘n WENRESEP op die VIA-kanaal.

 

Hierdie nederige vrou het ons almal geinspireer om bietjie ons huishoudings agtermekaar te kry.

 

Haar raad is om ‘n werklike begroting vir ons etes uit te werk en ‘n daaglikse spyskaart saam te stel.   Baie yskaste is vol oorskietkos wat na ‘n tyd verlore gaan.   Haal maar daardie goedjies uit en verwerk dit in ‘n voedsame gereg.

 

Sy praat bietjie oor speserye.   Robertson se visspeserye werk heerlik saam met vark.

 

Sy gee nuttige wenke oor  huishulpe.   Die meeste vrouens is baie goedertrou.   Laat haar maar teken vir haar geld elke keer wat sy geld ontvang en registreer haar vir Werkloosheidsversekering.  Ons moet onsself beskerm.

 

Retha was eers ‘n onderwyseres en het in die tagtigerjare in die kosbedryf beland.   Sy is opgelei as chef, maar verkies nog om  lekker te kook, soms vir 200 mense en meer op ‘n keer.   Sy doen baie troues.   Die kosbedryf het baie verander oor die jare.   Jy hoef deesdae nie meer ryk souse vir pastas te maak nie.  Vroeër het ons groot tafels met ryk kosse gekry.  Nou is dit deconstructed food waar jy elke keer iets anders proe.  Retha sê tong in die kies dat sy ook kan ‘plate’ maar sy hou by wat sy ken en geniet.

 

Die dames is getrakteer op 3 verskillende soppe en heerlike brode met biltong, kaas en konfyte deur die gasvroue.

 

Weereens ‘n genoeglike leersame oggend.   Baie dankie aan Bettie en haar span!

 

Bets van Biljon (voorsitter) Bettie Döckel (sameroeper) en Retha Rix

 

 

 

 

 

 

 

 

Retha druk aan die beduie met Bets en Thea wat toekyk.

 

  • Elizabeth Dockel August 7, 2017 at 10:44 am / Reply

    Dankie Lettie, Retha het ons dag gemaak!

  • Thea Weyers August 16, 2017 at 6:25 am / Reply

    Dankie Lettie, Ja, Retha is ‘n voorslag vrou!

Post a comment

five + nineteen =