Glimlagte en warm harte

 

Glimlagte en warm harte

Posted by VLV in Alexandria Tak, News 10 Aug 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  9/8/2014

 

Alexandria tak het weer met hulle Uitreikprogram/Projek, die harte van kinders bly gemaak. Glimlagte was baie sigbaar. 28 Sweetpakkies met toppies, serpe en trooskussings was gemaak vir die Jehowa Jarid Haven van Molly Bamm te Alexandria.

 

???????????????????????????????

Die merkwaardige vrou verskaf skuiling en versorg dié kinders wat erg getraumatiseer is weens huislike omstandighede. Sy ontvang geen subsidie of toelae nie en maak staat op skenkings en donasies.

 

VLV-Alexandria maak nou jaarliks ‘n bydrae om hierdie kinders te help, d.m.v. gebreide komberse, vrugte, en hierdie keer sweetpakkies, serpe en trooskussings.

Post a comment

seventeen − fourteen =