Gevulde varknek vir Kersfees

 

Gevulde varknek vir Kersfees

Posted by VLV in Malmesbury Tak, News 10 Oct 2012

Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Mia Louw

Datum: 10 Oktober 2012

 

Anna Cilliers, raakvatter-boervrou van Wellington het kom demonstreer hoe om ‘n ontbeende varknek te vul.

 

Sy deel eers met ons interessante feite oor varkboerdery en varkvleis. Hulle het ‘n varkstoetery op hul plaas Vrugbaar buite Wellington. Hulle boer met landras varke en het ook ‘n slaghuis en delikatesse winkel op die plaas.

 

Die stoetery het omtrent 300 landras varke met ‘n aparte “kraamsaal” vir die kleintjies. Varke is baie gevoelig vir stres en kan maklik vrek as gevolg daarvan. Hulle hou nie van hitte en geraas as hulle gelaai moet word nie daarom word Vrugbaar se varke vroeg in die oggend gelaai met min of geen geraas. Van die eertydse 120 vark stoeterye in die land is daar tans minder as 10 oor.

 

Varkvleis is baie gesond en is ‘n wit vleis. Dis ‘n goeie bron van proteïen vir spiere voed, bron van minerale vir die immuun sisteem, laag in vet met net ‘n vetlaag buite om die vleis. Varkvleis is ‘n goeie bron van B-vitamines en ook goed vir die hart. Varkvleis is veelsydig en kan gebraai word, in die pan gebraai word en selfs gebruik word in ‘n roerbraai.

 

Gevulde ontbeende varknek:

Neem ‘n ontbeende varknek en vlek dit oop om sodoende ‘n “sakkie” te vorm.

Pak droëvrugte wat in soetwyn of port oornag gelê het in die voue van die ontbeende varknek. Steek die gevulde “sakkie” toe met tandestokkies. Trek dit met ‘n vleisnet oor en bak dit @180 grade Celsius vir omtrent 30 minute.

Dit kan in dun skywe gesny word wat die kleurvolle droë vrugte wys.

Die gereg kan warm of koud voorgesit word.

Ons was baie opgewonde oor van ons lede van Aandskemering Ouetehuis wat kom saamkuier het: LNR Joey Louw, Jean Durr en heel regs Marie van Aarde wat verwelkom word deur Lillibeth Slabber (naasregs).

Anna Cilliers het ‘n demonstrasie kom doen van hoe om ‘n ontbeende varknek te vul. Hier is die hele familie saam: 3 susters en ‘n dogter! Willa Rust (Malmesbury VLV lid), Jeanette Orchard (Malmesbury VLV lid en dogter van Elsabe), Elsabe du Plessis en Anna Cilliers.

Post a comment

eighteen − 2 =