Gesonde Oë

 

Gesonde Oë

Posted by VLV in De Aar Tak 14 Oct 2014

Sirkel: Noord Karoo

Tak: De Aar

Portefeulje: Gesondheid en Landbou

Beriggewer: Patty Van Den Heever

Datum: 14 Oktober 2014

 

 

de aar

 

 

 

Die hoofsprekers van die middag was professor Stulting, n afgetrede professor van Bloemfontein Universiteit. Hy het vertel van die belangrikste oogsiektes.

 

 

Professor Stulting is deel van ‘ n span wat elke vyfde week met die vliegtuig na die dorp kom om oogpasiënte te sien wat andersins moeilik in Kimberley kan kom. Hy vertel dat die oog se lens die enigste orgaan is wat nie kanker kan kry nie, want daar is nie genoeg selle.

 

 

Dis belangrik dat kinders se oë vroeg getoets word. Alle babas se oë  is skeel die eerste drie maande. As dit daarna nog skeel is, moet n spesialis daarna kyk. Die suurstof in broeikaste is soos gif vir babas se oë.

 

 

‘n Katarak is n lens wat dof word en later is dit soos mis. In die ou dae is net een oog op n slag opereer. Deesdae kan die proses vertraag, maar nie gestop word nie. Vroeër het die pasiënt dik brille gedra, maar deesdae word n lens van vliegtuig glas ingeplant. Dit weeg ook n tiende van daardie tyd. Daar is twee opsies: n snytjie van 6 mm of 3,2mm . Die korter snytjie kos plus minus R19, 000 teen die groter sny wat langer neem om gesond te word. Die prys is heelwat goedkoper, nl R3, 000

 

 

Soms is daar ‘ n swart kolletjie in die jellie van die oog. Dis soms weens trauma of ouderdom. Dit lyk soos n gogga in die oog wat jy nie gevang kry nie. Moenie bekommerd wees nie, behalwe as daar klomp is.

 

 

n Gloukoom is drukking binne die oog. Mens moet gereeld gaan om getoets te word. Een persoon uit 40 kan dit kry. Die oogkundige blaas lug op die kornea.  Normaal is tussen12 en 20. Oor 20 verloor mens gesigsveld, d.w.s., jy kan nie meer so lekker aan die kant van jou kop sien nie. Dit kan beheer word met die regte druppels, maar visie wat jy verloor, kan nie herwin word nie.  Mens moet keer dat dit nie versleg nie.

 

 

Suikersiekte laat ook die oë versleg. Oë moet gereeld getoets word. Niere en oë gaan saam.

 

 

n Goeie sonbril is baie belangrik vir goeie oogsorg, veral vir n pasiënt na ‘n katarak operasie.

 

 

Om n afspraak met die oogarts te kry, moet mens by suster Anshia jou naam op n lys sit.

 

 

Mnr. Johan Hanekom, bestuurder van De Aar se abattoir het ‘n kort oorsig oor die geskiedenis van die plek gelewer. In 1958 is daar besluit dat De Aar die mees geleë plek vir n skaap abattoir sal wees omdat dit binne die produksie area lê. Die eerste sooi is in 1982 gespit en in 1984 is Vleissentraal se deure oopgegooi. Die produsente is die aandeelhouers. Groblershoop kan 1,700 skape per dag slag, waar De Aar 2,000 kan slag.

 

 

Om so n groot organisasie te bestuur, is n groot verantwoordelikheid. Uitdagings is legio. Mnr. Hanekom vertel dat hulle gewoonlik nie skaap gehad het om te slag nie, dus het hulle voerkrale begin. Higiëne is baie streng. Dienslewering en kliënte se vertroue is van uiterste belang.

 

 

Mnr. Hanekom het afgesluit deur te sê dat die boere in Suid Afrika die vermoë ontwikkel het om in n woestyn deel, vergelyk met die beste in die wêreld.

 

 

Post a comment

16 − three =