Gesond en deugsaam

 

Gesond en deugsaam

Posted by VLV in Bonnievale Tak, News 15 Aug 2014

Sirkel:  Worcester

Tak:  Bonnievale

Portefeulje:Leefstyl

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum: 14/08/2014

 

Ida van Eeden open die vergadering met die bekende Spreuke 31 om die vrou se deugde tydens Vrouemaand te besing.

 

Elmarie le Roux demonstreer die Air Fryer oondjie. Kos word in ‘n japtrap op ‘n baie gesonde manier gaargemaak. Die gereg word in ‘n mandjie geplaas en die vet of olie beland in ‘n bak. Die oondjie is ekonomies deurdat dit tyd en krag spaar. Gesonde kos (wonder wat sal Tim Noaks sê ) word so voorberei. Ons kon sommer gou-gou aan die  skyfies en varkrepies proe, te heeeeerlik.

 

010 aug

Elmarie le Roux besig om skyfies in die Air Fryer voor te berei.

 

Heinie Fourie, ‘n graanboer tussen Riviersonderend en Caledon stel sy Bio-wheat produkte aan ons bekend. Die produkte word gemaak van koring wat geoes word van lande waar daar geen chemiese middels op die plante gespuit word. Hy bespreek die verskillende soorte meel wat hy vervaardig en berei ‘n broodjie voor wat in die Air Fryer gaan bak. Ons proe egter te lekker aan die broodjies wat hy saamgebring het. Op die meelpakkies is ook beproefde resepte gedruk, onder andere die roerbrood resep. ‘n Groot plus is dat die meel geredelik in Supermarkte beskikbaar is en ook ons plaaslike Supermark het dit op die rak.

 

027

Heinie Fourie besig om oor sy Bio-wheat produkte te praat.

 

Gerda van der Merwe is definitief een van die vroue waarvan die wyse Salomo gepraat het. Gerda vertel van haar passie vir handkwilt en ‘n groot hoeveelheid van haar pragtige werke is uitgestal.

 

Ons het nou al gebrei met penne, ge”loom”-brei,  gearm-brei en nou het Hetta Meiring ons ook geleer om met net ons vingers te brei. Dit kom neer op dieselfde prinsiep as tolletjiebrei en is ‘n baie kreatiewe manier om kinders besig te hou.

 

023

Gerda van der Merwe vertel meer van een van haar kwilts.

Post a comment

eighteen − three =