Geniet verskeie vorms van kuns

 

Geniet verskeie vorms van kuns

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 05 Sep 2019

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewing: Cynthia Huysamen

Datum:  4 September 2019

 

Ons saal was baie sag en vroulik versier met pienk, wit en ligpers blomme en fynbos uit ons kontrei, terwyl die teetafel weer haar bes probeer het om al die aandag te trek met die versierings en heerlike eetgoed!

 

Ons Vise Voorsitter, Annie Strydom, staan vandag in vir Hilary en verwelkom almal hartlik. Linda Rossouw wens die September Verjaarsdagdames geluk en Helmie Strumpher stel ons gasspreker voor.

 

Spreker:  Malinda Bothma – kunstenaar

 

Malinda sê dat haar inspirasie altyd uit ‘n behoefte uit spruit, bv. of sy geld nodig het, of net omdat sy iets nuuts wil probeer.  ‘n Mens moet jou hand oefen in alles wat jy doen.

Malinda is ‘n spesialis in “sandblasting” (om met hoë lugdruk en spesiale sand op bv. glas, metaal of hout te blaas of te ets volgens ‘n ontwerp van jou keuse).  Die voorbereiding is baie belangrik, aangesien alle omringende meubels, vensterrame, ensovoort toegeplak moet word.  Die druk waarteen die sand geblaas word, sal veroorsaak dat ander items soos hout en aluminum, wat nie toegeplak is nie, erg beskadig kan word.

 

Sy het vele deure en teëls van veral wonings in Myburgh Park en die Golflandgoed al versier met hierdie tipe kunswerk.  Sy waarsku dat dit maar ‘n morsige storie is, veral wanneer daar aan groter oppervlakke gewerk word.  Sy doen nie meer self hierdie werk nie, maar as daar enigiemand is wat belangstel om ‘n beroep hiervan te maak, is sy bereid om hulle op te lei.  Die belangrikste komponent is ‘n kompressor wat tenminste amper industrieël is – hoe sterkter hoe beter – dit is natuurlike nie goedkoop nie – in die omgewing van  R25,000 – dan ook ‘n spesifieke wynrooi sand wat tot dusver nog ingevoer word, wat sy altyd by Blastrite in die Kaap aangekoop het.  Indien julle belangstel, kontant haar gerus.

 

Sy geniet verskeie vorms van kuns, onder andere:  hekel matte van t-hemp-materiaal; verf meubels en werk met sement,   Malinda het ook ‘n Pinterest bladsy en sy sê ons moet meer in onsself glo, ons moet alles probeer en nie net een keer nie, maar sommer baie keer!

 

Helmie bedank die spreker en oorhandig ‘n pragtige plant as geskenk.

 

Ons maandelikse kompetisies het weer gewilligheid en talent getoon en ons marktafel stel ook nooit teleur nie.

 

Tafelversierings

 


Helmie Strumpher en die dames van Leefstyl 2

 


Wit and Ligpers blomme

 

 

 

 

 

 

Cynthia Huysamer het blomme ontvang van Annie Strydom – Vise Voorsitter met sekretaresse dag

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Malinda Bothma die gaspreker

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Helmie Strumpher – oorhandig blomme aan Malinda Bothma

 

 

 

 

 

 

Post a comment