Geniet ‘n koppie tee

 

Geniet ‘n koppie tee

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 22 Sep 2017

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 21 September 2017

 

Die spreker was Phialene van der Merwe, bemarkingsbestuurder vanCarmien tee.  Sy vertel baie interessant oor die oorsprong van hierdie unieke rooibostee.  Die naam het sy ontstaan uit Carmen Niehaus (van Wenresepte-faam) en haar tweelingsuster Mientjie Mouton se name – hulle het op hierdie plaas grootgeword.  Rooibos is uniek aan S.A. – dit groei in die Citrusdal-Clanwilliam-omgewing en aard nêrens anders in die wêreld nie.  Die klimaatstoestande en die tipe sandgrond is ideaal vir die kweek van hierdie tee.  Dit is ook deel van die Kaapse fynbos.  Carmientee het sy eie plase -‘n 50 000-60 000ha-strook langs die berge.

 

Rooibostee is ‘n 5-jaar gewas en word d.m.v. saad of ‘n plantjie geplant gedurende die reënseisoen (Jun.- Aug.) en gedurende Feb.- Apr. geoes.  Dis ‘n arbeids-intensiewe proses want dit word met sekels geoes.  Die masjien sny die groen plant in stukkies op en dan word dit op ‘n sementblad gelos om te fermenteer.  Die sappe loop uit en verander van groen na rooi.  Groen rooibostee is ongefermenteerde tee en het nie ‘n tipiese rooibostee smaak nie.  Hierna word die tee gedroog en gesteriliseer.  Die tee word gemeng om o.a. gegeurde tee te maak.  Die los tee word uitgesprei en dan word bv. vanilla oor die blare gesproei.  Vir gesondheidstee word bv. gedroogde buchu saam met die tee in ‘n sakkie gesit.

 

18kg-sakke word o.a. na Duitsland uitgevoer waar hulle dit as ‘n basis gebruik en dan ander geure byvoeg.  Japan is een van die groot verbruikers van rooibos – nie vir die smaak nie, maar vir gesondheidsredes.  Rooibostee is ryk aan anti-oksidante en bevat geen kafeïn.

 

Kits-rooibos (poeiertee) word gemaak deur sterk tee te “freeze-dry”en deur verdamping vorm ‘n poeier wat lekker is vir die maak van ystee. Los tee is nie altyd gesteriliseer nie en daarom moet dit met kookwater gemaak word.

 

Phialene van der Merwe, bemarkingsbestuurder vanCarmien tee.

 

Post a comment

15 − 10 =