Gemeenskapbetrokkenheid – fondse vir Gert Greeff Tehuis

 

Gemeenskapbetrokkenheid – fondse vir Gert Greeff Tehuis

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 26 May 2016

Sirkel: Middelland

Tak:Willowmore

Portefeulje:Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 25 Mei 2016

 

‘n Middag van sang en musiek word gehou ten bate van die Gert Greeff Tehuis vir bejaardes. VLV-dames en die gemeenskap reik uit en die bejaardes word geborg om die middag by te woon.

 

IMG_0061

IMG_0066

 

Willowmore se plaaslike gaskunstenaars nl.  Jaco en Christine van Eyssen tree op en betower die gaste met o.a. You raise me up, O mia Babbino Caro, The story, Wie se kind is jy, Obladi Oblada en Can’t Help Falling in Love With You. Christine lewer ook fluitspel van Feelings en Perhaps love.

 

Franci Crause doen ‘n opvoering van die gedig: Ek is oek important deur Peter Snyders.

 

IMG_0077

Franci Crause, Christine van Eyssen, Jaco van Eyssen

 

Jackie Barnardt inspireer die gaste om te leef, glo en droom. ’n Droom, maak nie saak hoe klein of groot nie, gee jou daardie ekstra motivering om ’n dag van roetine en ander verantwoordelikhede aan te pak. Wat jy van jouself dink is die belangrike deel, want jy spandeer die hele dag saam met jouself!

Sê vir jouself jy is mooi, vriendelik, kosbaar, slim en jy kan dit doen. Leef in die  hede en nie in die verlede of in die toekoms nie. Leer om lief te hê! Carpe diem. Gryp die dag!

 

Ansie Greeff vertel oor die ontstaan van die Gert Greeff Tehuis. Kolonel Gert Greeff, vroeër van Trompetterspoort, op die Grootrivierpad in die Willowmore distrik het £20 000 bemaak vir die bou van ‘n ouetehuis. 5 Desember 1964 word die hoeksteen gelê. 1 Desember 1965 trek die eerste 8 inwoners in en 29 Januarie 1966 word die tehuis ingewy. Tienie Greeff bemaak ‘n groot gedeelte in sy boedel aan die Gert Greeff Tehuis vir die bou van ‘n afdeling vir verswaktes. Tesame met fondse van die Departement Gemeenskapsbou word die afdeling vir 19 verswaktes op 8 Oktober 1982 ingewy. Vandag is die Tehuis grootliks afhanklik van fondse.

 

VLV -Willowmore skenk R4000 aan die Gert Greeff Tehuis.

 

 

Post a comment

15 + 3 =