Geliefde vriendin groet De Aar

 

Geliefde vriendin groet De Aar

Posted by VLV in De Aar Tak, News 12 Mar 2014

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: De Aar

Beriggewer: Patty van den Heever

Datum: 11/03/14

 

Dit was ‘n hartseer oomblik toe die VLV-dames hul vriendin, en gewese voorsitter, moes groet. Rina Coreejes en haar man, Buks Coreejes, verhuis binnekort na Gauteng.

 

Die vereniging het daartoe bygedra dat sy kosbare vriendinne op ons dorp leer ken het, wat andersins nie moontlik was nie. Met haar kennis van die rekenaar en webwerf het sy n uiters waardevolle bydrae tot die organisasie gelewer. Sy het ons Noord-Karoo sirkel laat toetree tot die kuberruimte en was 5 jaar webmeester van die Sirkel. Haar werk was om statistieke te hou en elke jaar n 5 minute PowerPoint-verslag by die jaarlikse konferensie te lewer.

 

Vanaf 2011 tot einde 2013, was sy De Aar tak se voorsitter. Sy het ook getrou die berigte na die Echo en die webwerf van VLVK gestuur. Daarmee het sy in 2013 die skild verower vir die Presidentstak. Dit was ‘n groot prestasie vir ons dorp.

Op die foto is sy saam met haar positiewe span. Sy vertel dat sy baie lekker saam met hulle gewerk het. Hulle is agter LNR me Leana du Preez (sekretaresse) en Charmaine Smith (tesouriere). Voor is me Erida v d Berg (ondervoorsitter)Rina Coreejes (voorsitter) en Issie van der Merwe (addisionele lid), me Annatjie Erasmus (afwesig) is die ander addisionele lid.

Post a comment

4 × five =