Geen voetspoor is toevallig nie

 

Geen voetspoor is toevallig nie

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 07 Mar 2019

Sirkel: Kalahari

Konferensie

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 6 Maart 2019

 

 

VLV Kuruman-tak bied op Donderdag 7 Maart 2019 VLV Sirkel Kalahari se 86ste Konferensie plaaslik by die NG Moedergemeenstesentrum aan, met die tema: “Laat ‘n voetspoor”.

Die program beloof om propvol inligting te wees, met drie hoogsgeleerde en interessante sprekers. Eerstens is Dr Amos van der Merwe, Mediese Dokter en skrywer van agt boeke! Dan, Dr Annemie Shuda, Ginekoloog en laastens Dr Susan Kruger. Vervolgens meer inligting oor elkeen.

 

 

 

 

 

Dr Susan Kruger

 

Dr Susan Kruger is gebore in Bethal, tweede oudste van vyf susters.

Sy was in Hoërskool Bethal, waarna sy by RAU gaan studeer het. Sy was een van die eerste studente aan RAU – haar studentenommer was 270!

Sy het eers Maatskaplike Werk studeer, en toe later Bedryfsielkunde. Sy het ‘n doktorsgraad in Bedryfsielkunde behaal en klas gegee by die universiteit.

Daarna was sy by Transnet se bestuurskool, SAL die hoof van opleiding, waarna sy haar eie besigheid begin het en meer met korporatiewe kliënte gewerk het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Skrywer Dr Amos van der Merwe

 

Dr Amos van der Merwe se tema vir VLV Kuruman se Konferensie op 7 Maart 2019 is: “Geen Voetspoor is Toevallig nie”.

Hy is gebore op Kenhardt. Hy spog met agt boeke op sy kerfstof.

Hy het Medies studeer en later gespesialiseer. Hy het vier kinders en vyf kleinkinders.

Hy reis en kamp graag en sien sy liefde vir die Noord-Kaap as sy beste eienskap. Sy slegste eienskap is dat hy hardkoppige en eiewyse persone ignoreer (of dalk is dit sy beste eienskap…).

 

 

 

Dr Annemie Louw Shuda

Dr Annemie Louw Shuda het in 1985 matriek aan die Potchefstroom Gimnasium voltooi. Daarna het sy Medisyne by Tukkies studeer en in 1991 haar MBChB verwerf.

Sy het gespresialiseer in Obstetrie en Ginekologie en in 1997 haar nagraadse studies voltooi, waarna sy vir die volgende 20 jaar in ‘n privaat praktyk praktiseer het – die eerste tien jaar in Pretoria en die laatste tien jaar in George en Mosselbaai. Haar passie is vrouegesondheid en die opheffing en bemagtiging van vroue, veral in lewensaspekte waar hulle (tradisioneel) stemloos is.

 

Sy het twee volwasse kinders, Lea en Eduan en ‘n laatlam, Aimee, wat tans in graad 9 is. Lea is bekend onder Kurumaniete (en ons by VLV Kuruman) as die staatsveearts wat tot verlede jaar hier was.

 

Dr Annemie se leuse in die lewe is: “To make a difference in someone’s life, you do not have to be brilliant, rich, beautiful or perfect, you just have to care.”

En sy gee régtig om.

Post a comment