Geen verskoning meer

 

Geen verskoning meer

Posted by VLV in News, Slot-van-die-Paarl 06 May 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 6 Mei 2014

 

Ella Rossouw en haar komitee het dit goedgedink om die tak bekend te stel aan drie (van die vele) hulporganisasies in die Paarl waar jy betrokke kan raak.

 

1.  Annika Malherbe, voorsitter van ACVV Paarl Vallei, het meer kom vertel oor die ACVV. Sy haal MER aan met “Ek het altyd verlang om bruikbaar te wees.” en dit is die doel/verlange van ‘n egte ACVV-lid. Die ACVV het tydens die Anglo-Boereoorlog begin met twee verpleegsters a.g.v. die maagkoors wat uitgebreek het. In 1905 word die Paarl tak gestig met 30 lede wat ‘baie werksaam en lewendig’ genoem word in die argiefstukke.

 

Hulle lewer statutêre dienste (pleegsorgplasings na hofsake), ondersteun gesinne (rehabilitasie van gesin sodat kinders teruggeplaas kan word in die gesin), betrokke by gemeenskapsprojekte( bv bejaardedag-vieringe, vakansieklubs, HIV-bewusmaking). Hierdie tak bedryf ‘n dagsorgsentrum met 54 kinders, ‘n nasorgklas by Nuwe Drif primêre skool en ‘n Saamstaan vroueklub (wat lank deur een van Slot se lede gedryf is, maar a.g.v. haar gesondheid het sy eers gestop).

2. Madelein Burger oor Aandblom Dienssentrum, Agter Paarl. Sy en ‘n paar vriendinne speel ‘n ondersteunende rol elke tweede Dinsdag. Die ‘net daar wees’ is al belangrik. Sy voel dat hulle gaan om iets te doen en kry dan op die ou einde baie meer en word verryk

3. Annalise Loubser, ‘n lid, oor Khula Development Group wat in Paarl-Oos werksaam is. Khula is ‘n Christen Bediening wie se missie dit is om die Koninkryk van Jesus Christus te vergroot deur:

**kinders en jeug te help om nie uit die skoolsisteem te val nie,

**leergeleenthede te skep vir jeug wat nie weer terug kan gaan in die skoolsisteem nie, en

**ondersteuningstelsel vir die oppassers van hierdie kinders bv die ouma’s in plek te hê.

Dit alles geskied in gebed, berading en evangelisasie.

 

Nou het geen lid meer ‘n verskoning om nie êrens betrokke te raak nie; ons het elkeen gawes nl. vaardigheid, kennis en tyd gekry. Jy kan ook betrokke raak deur tweedehandse klere, toiletware en nie-bederfbare kos te skenk. By aldrie hierdie bedieninge is vrywilligers wat take verrig baie nodig.

 

Hierna oorhandig Alice Swanepoel aan Bokka Wagenaar, uittredende voorsitter, ‘n VLV-roos en bedank haar vir haar leiersvoorbeeld deur self te doen.

Hier staan twee sprekers by die voorsitter met die Kunste en Handvlyt-beker wat Slot tydens die Konferensie in Wellinton gewen het. LNR Anika Malherbe, Frouwien du Toit (nuwe voorsitter), Ella Rossouw (gasvrou), Madelein Burger en Bokka Wagenaar (uittredende voorsitter).

Post a comment

13 + 3 =