Gasvroutak en trots daarop

 

Gasvroutak en trots daarop

Posted by VLV in News, Wellington Tak 13 Mar 2014

Sirkel: Paarl

Plek: Wellington

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 13 Maart 2014

Elke jaar besef ‘n mens met konferensie hoe geseënd ‘n gemeenskap en selfs ‘n vrouevereniging kan wees. Hierdie jaar was Wellington tak die gasvrou vir hierdie 62ste Konferensie.Maande se beplanning en maak van tuisgemaakte produkte vir die juweel van ‘n geskenkboks vir elke afgevaardigde, bekom van skenkings vir water op tafels, tydskrifte vir elkeen, borge vir etes en selfs gelukplukke, het alles goed afgeloop. Dankie vir elkeen se bydra.

Lede aan die werk agter die skerms.

Geskenkbokse met tuisgemaakte produkte vir elke afgevaadige.

Teetafel.

Elkeen kan getuig dat van aankoms se koffie en beskuit op keurige manier, die teetafel wat geswig het onder die fynste handgoedjies en dan daardie uithaler middagete van vismousse, hoenderpakkies en bessiekaaskoek was die moeite werd om vir ure stil te sit en luister. Elke lid is ingespan en moes haar kant bring agter die skerms.

 

Ons het darem nie net geëet nie, maar die gassprekers van OLD MUTUAL (Sylvia Walker), Amanda Swanepoel oor Verskuif jou grense, Elsabé du Plessis met haar pittige sêgoed en kwinkslae en ook verering van ‘n Wellington–lid ,mev. SCB Smit, wat al 57 jaar lid is van die tak. Boonop spog Wellington met ‘n ledetal van 51, die hoogste in die Sirkel.

Verering van SCB Smit vir 57 jaar lid- Elsabe du Plessis wens haar geluk.

 

Natuurlik het Wellington se sameroepers gesorg dat Elmari Koch vir ons Gesondheidsriglyne oor die RUG en hoe om te stap en sit gesorg. Retha Rix het vir ons TAAL juwele kom uitdeel met haar vertelling van ons pragtige taal en sêgoed in die Kunste & Handvlyt Portefeulje.

Wellington het darem ook so bietjie uitgeblink op kompetisievlak en Beppie Altintopi behaal 1ste plek vir haar preservering van suurlemoensmeer.Marina  Hancke 3de plek vir haar Woordkuns oor die natuur. Monica Geldenhuys 2de plek vir Fleur et Skoen en 1ste plek vir die Landskap waarvan ek hou.Monica verower ook die trofee vir Blommerangskikking in die Sirkel.

Ons tak kan darem ook spog met lede op die nuwe Sirkelbestuur. Monica Geldenhuys is verkies as visepresident en dan is daar ook lede wat dien as sameroepers, June Smit (Kunste & Handvlyt), Emmie Malan (Gesondheid) & Monica Geldenhuys (Landbou & Tuinbou). Mag ons tak voortbou en net verbeter in deelname.

Post a comment

nineteen − 12 =