Gasvrou vir Sirkel Kaapstad se simposium

 

Gasvrou vir Sirkel Kaapstad se simposium

Posted by VLV in News, Strand Tak 21 May 2014

Sirkel: Kaapstad

Tak: Strand

Portefeulje: Openbare Sake

Saamroeper:  Vera van Wyk

Beriggewer:  Annemarie Skibbe

Datum: 20 Mei 2014

 

Sirkel Kaapstad hou simposium op 20 Mei 2014 in die Strand en Strand tak was gasvrou vir die geleentheid.

 

Ons is baie bevoorreg dat mev. Erika Lubbe saam met  mev. Rina Kotze ons simposium bygewoon het.  Hulle het elkeen ’n kort boodskap gelewer, waarna mev. Kotze namens Sirkel Kaapstad ’n geskenk aan mev Lubbe oorhandig het.

Mev. Erika Lubbe saam met mev. Rina Kotze en mevv. Maretha Badenhorst en Erna de Waal.

 

Die Strand se lede het uitgehaal en gewys.  Die tafels was pragtig versier en daar was Erna Kruger en Jossie van Schoor in beheer.   Omdat ons ’n Landboutema aan die verrigtinge wou gee het ons  pragtige uitstallings wat landbou uitbeeld gehad.  Daarvoor was Maretha Badenhorst, Strand tak se voorsitter, die as waarom die hele Simposium gedraai het, Marianna de Villiers en Amelia Louw verantwoordelik.   Die wynbedryf het ook nie agtergebly nie en daarvoor was Leta du Preez verantwoordelik.   

Een van die landbou-uitstallings gemaak deur mev. Marianna de Villiers en Maretha Badenhorst.

 

Mev. Erna de Waal, visepresident van Sirkel Kaapstad en sekretaresse van Strand tak,  het luister aan die geleentheid gegee met voortreflike klavierspel.

 

Die sprekers was mnr. Henk van Wyk, President Agri Noord-Kaap, en hy het vir ons landbou na elke huis gebring. Willie de Waal, boer van die Paarl, het ons meer vertel van die maak van organiese wyn.  Die Kaapse Varsproduktemark is verteenwoordig deur mnr. Mathews en hy het ons interessant ingelig wat elke dag op die bedrywige mark gebeur.   Mnr Aisie Sinclair, wat vrugte uitvoer na Nederland, Rusland en Turkye,  het ons vertel van die prosesse van die uitvoer van vrugte en wat die valuta vir ons land beteken.

 

Daar was wyn te proe en almal is bederf met heerlike bobotie, rys en salsa. Die ete is afgesluit met ’n koeksister in elke hand.

Post a comment

4 + 1 =