Gaan groen op ‘n blou manier

 

Gaan groen op ‘n blou manier

Posted by VLV in Kuruman Tak, News 17 Sep 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Landbou en tuinbou

Beriggewer: Petro Spangenberg

Datum:17 September 2014

 

 

kuruman3

 

 

Op ʼn  vergadering van die Vroue-landbouvereniging op Kuruman het almal in blou klere opgedaag.  Bewustheid oor die situasie rondom ons waterbronne wat vining uitgeput raak is op dié manier getoon.  Ansie Cilliers is die saamroeper en het met mev Hannelie Mitchell, omgewingstegnikus by Sishenmyn, gereël vir ʼn baie interessante vergadering.

 

 

Mev Mitchell het daarop gewys dat die 20% waterverbuik wat wêreldwyd deur huishoudings gebruik word, iets is waarna elkeen van ons kan kyk.  Enige lekkasies moet herstel word.  ʼn Stadig druppende kraan kan tot 30 liter water per dag mors en ʼn lekkende toilet tot 100 000 liter in een jaar!  Vervang ʼn toilet wat ouer as 20 jaar is, kook net genoeg water  in die ketel, stort eerder as bad en moenie water laat loop terwyl jy tande borsel!  Dit klink eenvoudig, maar as elke huishouding dit toepas gaan dit ʼn reuse verskil maak.

 

 

Sy het ook vir die lede ʼn mini –ouditvorm gegee om hul eie verbuik te monitor en dit is skokkend om ʼn gemiddelde gesin se gebruikstotaal waar te neem!  Nog ‘n verrassing was die boompies wat almal kon huistoe neem om tydens boomplantmaand te plant.

 

 

kuruman1

 

 

Franciska Einkamerer deel gereeld belangrike inentings-inligting met die lede en het gemaan om hul honde en katte te laat inent teen hondsdolheid in die veldtog wat tans aan die gang is.

 

 

kuruman

 

 

Die prys vir die mees interessante blou uitrusting het gegaan aan Mev Elsabe Hennig wat baie braaf was en almal laat skaterlag het!

 

 

 

 

kuruman2

Post a comment

5 × four =