Fynproewer betower dames met heerlike kos

 

Fynproewer betower dames met heerlike kos

Posted by VLV in Mimosa Tak, News 23 Jul 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Erika Linde

Datum: 23 Julie 2014

IMG_3750 

Pa en seun, Hannes en FransVisser, van ‘n wonderlike delikatesse De Fijnproever Deli in Delareyville, Noord-Wes.

Hannes Visser, ‘n man met ‘n meestersgraad in veeteelt, het sy liefde vir kos met die dames van Mimosa kom deel.

Hy het sy geheime vir die maak van ‘n goeie Vinaigrette vir Carpaccio met ons gedeel. Asook die maak van Piementos en komkommersuurtjies.

Hy het heerlik tuisbereide Carpaccio saamgebring en dit tesame met die vinaigrette en brode voorgesit vir die dames om te proe. Dit was absoluut heerlik en almal was dit eens dat die maak van kwaliteit produkte beslis een van die kenmerke van die besondere Delikatesse is.

Daar word ook daar vleise gerook en worse en salami, asook enige hamme en eksotiese vleisstukke berei. Tuisgemaakte konfyte, ingemaakte olywe, brode, pasteie, koekies en vele meer is onder die produkte wat daar berei word.

Ligte etes, ontbyt en funksies word ook daar aangebied en is verseker iets om op ‘n “moet doen” lys te kom.

Post a comment

twelve + 12 =