Fraaie vrouen, fraaie bloemen

 

Fraaie vrouen, fraaie bloemen

Posted by Natania Schmidt in Acqua Tak, News 12 Apr 2012

Sirkel: Middelland
Tak: Acqua
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 11 April 2012

 

Nee kyk, Acqua se GIRLS het gisteraand weer ‘n samekoms van epidermiese proporsies gehad. Soos altyd, soos altyd!

 

In Acqua geledere is daar ‘n deeglike bewustheid van watter groot voorreg dit is om deel te kan wees van ‘n vereniging, ‘n vriendekring, ‘n groep vroue met gedeelde belangstellings. Elke vergadering is ‘n geleentheid om te leer, te geniet en te ontspan. Dit is presies wat April se Leefstyl vergadering was. ‘n Heerlike kuier vol lag en gesels, met ‘n blomkenner wat handige wenke gegee het oor die versorging van snyblomme.

 

Gebruik ‘n skerp mes of skêr en sny omtrent 3cm van die blomsteel teen ‘n 45 grade hoek af. Dit gee die steel ‘n groter oppervlak om water op te neem en verhoed dat die steel plat teen die vaas se bodem rus en sodoende wateropname beperk. Indien jy die stele onder water sny, sal dit help om die blomstele selfs meer water te laat opneem.

 

Vul die vaas met louwarm water, omdat dit minder suurstof bevat en dus minder lugborrels in die blomsteel sal veroorsaak. Blomkos is noodsaaklik om die blomme langer vars te hou. Dit bevat suikers om die blomme te voed en die vorming van nuwe knoppe aan te help; biosiedes wat bakterieë, gis en fungi teenwerk; aansuurmiddels om die water makliker in die steel te laat opbeweeg. Metaalhouers neutraliseer die werking van die blomkos.

 

 

Die vaas moet silwerskoon wees, want residu van vorige gebruik bevat bakterieë wat die blomme gou sal laat verwelk. Ditto vir alle blare onder die waterlyn – verwyder om verwelking te keer. Water moet gereeld vervang word. Elke keer wat skoon louwarm water ingegooi word, word daar nog 3cm van die steel afgesny en blomkos by die water gevoeg. Rypwordende vrugte en blomme wat verwelk, stel klein hoeveelhede etileen(gas) vry, wat vars, gesonde blomme baie vinnig laat verwelk.

 

fraaie vrouen 2

Elkeen het ‘n koppie (en piering) gebring om ‘n fraaie blombederfie te maak vir huis toe vat. Porselein, draad, keramiek of blik, elkeen na smaak, maar nommerpas om êrens in die huis te gaan neersit om die hart warm te maak en te weet dat jy deel is van ‘n vriendekring by name VLV Acqua.

 

fraaie vrouen 3

Barbara, Janine, Tertia, Ilke, Lynette, Lilian, Sandra en Claudette. . . fraaie vrouens, fraaie blombederfies.

Leave a Reply