Fraaie vergadering

 

Fraaie vergadering

Posted by VLV in Caledon Tak, News 09 May 2014

Sirkel: Overberg

Tak: Caledon

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Yvonne Pretorius

Datum: 8 Mei 2014

 

Donderdag, 8 Mei,  het die Caledon VLV-tak se Leefstyl portefeulje soos gewoonlik weer lekker eetgoed aan die dames voorgesit. Uitstallings van skilderye, foto’s, kolwyntjies, kweperprodukte, kombersomboorsels en gebreide tou-items het die dames besig gehou.

Liza Visagie en Irene Marais het ‘n verskeidenheid tafelversierings, gemaak vanuit niks, uitgestal. Van woestynrosies tot kropslaaiblare, enkel takkies of net ‘n mooi blaar was alles deel van die rangskikings.

Kwepers was nou so volop en weer baie gewild en het Liza Visagie al die verskillende idees met kwepers ten toon gestel. Kweperjellie, konfyt, ingelê, lekkers en gebakte kwepers. Die dames het heerlik aan al hierdie items gesmul.

Susan Louw, met geen amptelike skilderkuns opleiding, het haar natuurlike kunstalente ten toon gestel. Sy skilder met waterverf en olieverf. Sy is ook ‘n fotograaf van formaat. Susan kan gekontak word op 028 2123303.

Kolwyntjies so mooi, eintlik te mooi om te eet! Lohette de Wet het met absolute passie die dames van al haar versierwenke vertel en gedemonstreer. Om sulke mooi versiering aan te bring neem ure se toewyding.  Lohette het al meer as 600 kolwyntjies vir ‘n troue versier. Lohette kan gekontak word op 083 6114091 of 028 2122239. 

Die Leefstylspan saam met die besoekers van links na regs Yvonne Pretorius, Susan Louw, Lohette de Wet, Irene Marais en Liza Visagie.

Post a comment

three × 4 =