Fraaie herdenkingsblikkie – bestel NOU

 

Fraaie herdenkingsblikkie – bestel NOU

Posted by VLV in Advertensie, Announcements 19 May 2014

Sirkel Overberg wil met hierdie herdenkingsblikkie die VLV-Kaapland-roos verewig en terselfdertyd iets skep vir die VLV-lid wat nie ‘n roos kan plant of dit vir iemand present kan gee nie. Dis ‘n ideale geskenk, veral as jy dit vul met tuisgebakte kleinkoekies.

image.axd

Die blikkie se mate is 139mm X 100mm X 190mm, dis ‘n koekie/beskuitblik met ‘n Overbergse Saadjiesbeskuitresep in die binnekant gedruk. Die verkoopprys is R30.00 per blikkie. Dit word stewig verpak in kartonne wat 12 blikkies bevat, m.a.w. bestellings moet in veelvoude van 12 wees.

Bestellings moet vergesel wees van ‘n bewys van betaling.
Die rekeningbesonderhede is: VLVK Sirkel Overberg, ABSA, Villiersdorp, Rekeningnommer 4053859050, Takkode 334-612

Die kontakpersoon is Annatjie Liebenberg, Sirkelsekretaresse/-tesourier by:
Werknommer: 028 384 0240
Huisnommer: 028 384 0115
Selnommer: 072 280 0290
Faksnommer: 028 384 1169
E-posadres: annatjie.vlv@gmail.com

Bestellings wat vóór 30 Junie 2014 geplaas word, sal net ná die Julievakansie afgelewer word. Verskaf asseblief ‘n afleweringsadres waar die kartonne fisies afgelewer kan word (nie ‘n posbus of ‘n plaas nie!) en ‘n kontakpersoon met ‘n selnommer.

Post a comment

20 − seventeen =