Fotografie met jou selfoon

 

Fotografie met jou selfoon

Posted by VLV in Calvinia Tak, News 30 May 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Calvinia

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Annica van Greunen

Datum: 29 Mei 2018

 

Op 29 Mei 2018 het die dames van VLV Calvinia ‘n heerlike aand van Kunste en Handvlyt geniet in die Sorgvliet saal.

 

‘n Paar leerders van Laerskool Calvinia het vir ons prosa en monoloë kom voordra en pragtige Minja het met haar engelstem ons ore bekoor.

 

Annica van Greunen het ‘n aanbieding oor Fotografie, spesifiek met jou selfoon, gedoen met die kompetisie van 2019: Hande (swart en wit), in gedagte.

 

Daarna het Charmain Cupido vir ons ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om ou glashouers te herwin en weer te gebruik. Tydens hierdie vergadering het Charmain ook ‘n toekening ontvang vir beste verslag. Kentekens is ook op hierdie aand aan die lede oorhandig.

 

Daar was beslis ook heerlik gekoek en tee en sommer net lekker opgevang onder die dames.

 

 Laerskool Calvinia se leerders voor hul vertonings

 

Annica van Greunen besig om die dames te vertel van fotografie met jou selfoon

 

          

 Charmain Cupido wys ons hoe om glashouers mooi te maak en waarvoor om hulle te gebruik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Charmain Cupido ontvang  haar trofee vir die beste verslag, wat aan die tak oorhandig is by vanjaar se konferensie.

 

 

 

 

 

 

Kobie Basson ontvang haar 30jaar kenteken. Annie Nel het ook haar 30 jaar kenteken gekry en Esmarie Von Solms haar 25 jaar kenteken.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annica van Greunen was een van die ander lede wat ook haar kenteken op die aand ontvang het.

Post a comment

11 − 6 =