Fossielpark

 

Fossielpark

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 05 Aug 2015

Sirkel:  Weskus
Tak:  Langebaan
Portefeulje:  Openbare Sake
Beriggewer:  Charlotta van Eeden
Datum:  5 Augustus 2015

 

DSCN1349 (Custom)

Danela White bedank Wendy Wentzel van die Weskus Fossielpark.

 

 

Die dames van Langebaan VLV het op ‘n uitstappie na die Weskus Fossielpark gegaan.  Die Opvoedkundige Hoof van die Fossielpark, Wendy Wentzel, het die dames meer vertel van die Fossielpark.  Die Weskus Fossielpark is die rykste fossielpark in die wêreld met 230 – 250 verskillende dierspesies wat alreeds hier geïdentifiseer is.

 

Vyf miljoen jaar gelede het die Bergrivier hier deurgevloei.  Navorsing het getoon dat daar ‘n vloed ontstaan het wat ongeveer 2 jaar geduur het.  Dit was ‘n tropiese klimaat en bykans al die diere was hier behalwe leeus.  Baie min bewyse is gevind van bobbejane en aap spesies.  Geen moderne mens
was hier gevind nie.

 
Alles het gebeur as gevolg van natuurlike klimaatsveranderinge.  Die diere/spesies het met die rivier vasgevang geraak in die fosfor.  Diere is tot 20 meter diep in die rivierbed begrawe.
 

Daar is ‘n video vertoon van Prof. Roger Smith, ‘n Paleontoloog, wat meer verduidelik het oor die uitgrawings en verskillende spesie wat opgegrawe is.
 

‘n Spesie wat hier gevind is, is die Afrika beer.  Daar is altesame 14 bere gevind.  Die bere was baie groot tot ‘n staande hoogte van 3 meter.

 
Drie spesies van olifante, drie van kameelperde en ook ‘n groot voet van ‘n visarend/ koningsarend/ reuse arend is gevind.
 

Dit was voorwaar ‘n insiggewende prentjie van die prehistoriese lewe in die Weskus Fossielpark.

 

 

DSCN1348 (Custom)
Gesie Davids, Corrie Slabber, Petro Marias, Leana Esterhuizen, Ansie Bronkhorst en Isabel Basson  (Corrie en Isabel bedank dames wat verjaar in Augustus)

Post a comment

five × 5 =