Feestelike 80

 

Feestelike 80

Posted by VLV in Alexandria Tak, News 07 Mar 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Beriggewer: Dina Erasmus

Datum: 4-6 Maart 2014

 

Alexandria VLV-tak vier 80 bestaansjare en tree op as gasvroutak vir Sirkel Middelland se 80ste konferensie.

Besoekers van die verskeie Middelland takke het dit beleef as konferensie-op-die-water. Sirkelbestuur is Dinsdagaand verras met `n bootreis op die Kowierivier om `n besonderse sonsondergang en ligte ete te geniet.

Alexandria tak het die hotelbestuur behoorlik op die punte van hul tone gehad. Die Halyards Hotel het huisvesting gebied, konferensiegeriewe verskaf en heerlike happies en tee vir konferensiegangers voogesit.

.

Woensdagaand, 6 Maart, was dit tyd vir dinee.  Weereens het die Halyards Hotel dit besonders gemaak. Dit was gesellig en almal het dit baie geniet. “Elvis” het in lewende lywe die toon aangegee, waarna almal die buffetete geniet het.

Dineetafels getooi in swart en oranje.

Sharon MacDonald (Akexandria takvoorsitter), Lynette Martin (Sirkelpresident), Erika Lubbe (VLVK-president).

Donderdag, 7 Maart 2014, voor verigtinge afgesluit het, was daar verjaarsdagkoek gesny om die groot geleentheid te vier. Louise van Vuuren, Linda Putzier, Sharon MacDonald, Mara van der Mescht en Anlouise O`Connel by Alexandria tak se 80ste verjaarsdagkoek.

Post a comment

seventeen − 13 =