Februarie is Stampvol

 

Februarie is Stampvol

Posted by VLV in Alexandria Tak 19 Feb 2015

Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule:  Landbou & Tuine

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  19 Februarie 2015

 

Luitenant Lilly Erasmus van Port Alfred honde eenheid en Kika die “Biological Body Fluid” snuffel hond besoek ons. Sy lig ons in oor al die honde rasse wat opgelei word vir verskillende snuffel funksies. Duitse Herders, Belgiese Herders, Rottweilers, Border Collies, Cocker Spaniëls, Jack Russels en Dobermans word opgelei.  Opleiding van die honde vind plaas te Pretoria se Hondeskool en neem van 3-5 maande.

 

alexandria (Custom)

 

Kika is `n baie slim hond en wys die lede hoe skerp haar reuk-sintuig is deur spatsels menselike-vloeistof uit te wys. Sy word telkens beloon deur `n bal wat sy kan gaan haal.

 

alexandria1 (Custom)

 

Die Bosvaderlandswilger is die boom van die jaar.  Die lede plant `n boom op die Alexandria Golf Klub se baan.  Dis `n bladwisselende boom wat tot 6meter hoog kan groei, dra geel-groen blommetjies en vruggies en is geskik vir parke of groot tuine.

 

alexandria2 (Custom)

 

Die pragtige Blou Kraan voël wat in S.A. deur Wetgewing en Omgewingsbestuur beskerm word, sedert 1980 is die Voël van die jaar.  Hierdie pragtige grondlopende voëls met hul lang bene kom in pare voor, in die Karoo, heuwelatige grasvelde, landerye en langs mere.

 

alexandria3 (Custom)

 

Februarie is ook `n maand waarin ons bietjie “Romanties” raak.  Die lede trek ietsie rooi aan, neem deel aan inskrywings soos `n- “Valentine Show Stopper” (`n nek versiering) asook `n “Moulanrouge Facinator” (`n versierde haarkam) wat die lede in hulle hare dra en hulle bak Red Velvet Cupcakes.

 

alexandria4 (Custom)

Post a comment

19 + seven =