Familiekuier

 

Familiekuier

Posted by VLV in Gansbaai Tak, News 06 May 2014

Sirkel: Overberg

Tak: Gansbaai

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Betty Knipe

Datum: 5 Mei 2014

 

Verlede Maandag het VLV Gansbaai die voorreg gehad om vir Antie Stienie (Cindy Liebenberg) te ontmoet. Ongeveer 55 dames en 3 mans het ‘n baie prettige middag deurgebring by die Gansbaai Family Church in Buitekantstraat. Daar was oomblikke van erns, en dan was dit gevolg met heerlike skaterlag en handeklap. Antie Stienie Verdoes is een van ses karakters wat deel is van die “familie”. Daar is ook oom Hendrik Verdoes, Stienie se safaripak-kam–in-die-kous man met die mooiste borshare.

 

Flora Verdoes, blomkunstenaar; Eufesia Verdoes, die Ds se vrou; Kekkel en Leghorn met vet dye en boude, en dan Koekie Swart, ‘n nuwe karakter waaraan sy nog “geboorte” moet gee. By verre die gewildste is Antie Stienie wat oor die afgelope 12jr, by sowat 216 optredes, met 21 000 vroue, pret gepraat het.

 

Haar “motto”- “Mag ek en jy, liewe vriendin, elke dag in dankbaarheid leef en nooit toelaat dat iemand ons in ‘n blik druk nie. Mag ons uitstaan sonder om bo-op iemand te staan. Mag ons nooit die waarde van ‘n glimlag onderskat nie. Voluit. Nou!” Antie Stienie het waarlik haar Grense Verskuif.

 

Groot dankie aan Ronel de Villiers en haar Kunste en Handvlyt dames wat gesorg het vir al die plesier, en heerlike eetgoed daarna. Kinnie Schutte was die gelukkige wenner van ‘n reuse “hamper” en Marianna van Rensburg, ‘n eerste inskrywer vir ons kompetisies,  het met haar gebak ‘n eerste prys gekry.

 

Dankie ook aan Adri,  Mike en Elize vir hulle musiek voor die verrigtinge.

 

Aan Thys en Ronel de Villiers wat hierdie middag geborg het, baie, baie dankie. Ons wil ook graag ons dank oordra aan John Collings van die Gansbaai Family Church vir die klank en die gebruik van die saal. Hopelik sal Antie Stienie of een van haar “familie” weer vir ons kom kuier in die toekoms.

Kyk hoe lekker geniet die dames Tannie Stienie se gesegdes.

Rita Groenewald, Antie Stienie en Anna Germuishuys.

Ronel de Villiers Cindy Liebenberg and Rienie Ludick.

Tant Stienie en Betty Knipe met haar handgemaakte en handgekwilte ‘Windy Ways’.

Post a comment

5 × two =